Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Blanco hou prentjie-mooi Paasfees

Tak, Blanco

Sirkel, SWD

Datum, 10 April 2025

Portefeulje, Leefstyl- Masjienwerk

Beriggewer, Marietjie Schaaf

Media koördineerder, L Terblanche

Blanco skep ‘n prentjie-mooi, blou Paasfees-tema vir hierdie byeenkoms. Die paashaas kom maak selfs ‘n draai om die sjokolade nessies, marshmallow-terte en ander watertand eetgoed te bewonder. Tot die agt gaste wat die byeenkoms bywoon se vreugde, deel hy ook paaseiers uits.

Rona Swanepoel is die gasspreker. Sy vertel lede en gaste oor geestelik voorbereiding en die gebruik van jou hande om naaldewerk, hekel- en breiwerk te doen. Sy deel ook wenke oor die maak van toiletsakkies en ‘n makliker manier om ‘n rits in te sit. Sy word deur die voorsitter, Marietjie Schaaf, bedank vir haar bydraes.