Baie Welkom
op die webwerf van die
Vroue-Landbouvereniging
van Kaapland!
Lees gerus die jongste nuus of sluit by ons aan en help om ‘n verskil in ons gemeenskappe te maak.
Baie welkom op die webwerf van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland!
Dit is ‘n vroue organisasie vir persoonlike groei wat aan sy lede die geleentheid vir persoonlike vooruitgang en diens aan die gemeenskap bied. Dit stel die lede in staat om ‘n gesonde gesinslewe te lei, effektief aandag te skenk aan behoeftes in die gemeenskap en om diens te lewer in hierdie verband.
Die vereniging bied interessante maandelikse programme aan deur middel van praatjies, demonstrasies, debatvoering, uitstallings, opvoerings, besprekings by vergaderings, asook georganiseerde opvoedkundige uitstappies oor Kunste en Handvlyt, Gesondheid, Opvoeding en Kultuur, Leefstyl, Openbare Sake en Landbou en Tuinbou.
ONS FOKUS VIR 2026
Twee doelwitte van VLVK is om vroue by te staan en aan te moedig om meer ingelig te wees en om te help om behoeftes in die gemeenskap raak te sien en op te los.
Dit word gedoen deur jaarlikse projekte waardeur die VLVK kan uitreik na individue, groepe en die gemeenskap.
Die projek vir hierdie jaar is: Van tuin tot tafel
Die nuwe tema vir Augustus 2025 – Augustus 2026 is:
Ons krag lê in spanwerk
Hoe word ek ‘n lid van die VLVK?
Klik hierJongste Nuus
Suider Paarl leer meer van leer
Sirkel: Paarl Tak: Suider Paarl Portefeulje: Naaldwerk Saamroeper: Jenny Ruthven...
Lees meer...Kaligrafie is sielsverrykend!
Sirkel Paarl VLV Malmesbury 15 Junie 2026 Beriggewer: Susan Stoffberg...
Lees meer...Van Dankbaarheid tot Skraapkuns
Aberdeen VLV: Van Dankbaarheid tot Skraapkuns – ’n Inspirerende Oggend...
Lees meer...Klets, Koffie & Koeke
Klets, Koffie & Koeke by Worcester Aandtak Sirkel: Worcester Tak:...
Lees meer...INTERTAK VAN TUIN TOT TAFEL
SIRKEL PAARL STAP SAAM VAN TUIN TOT TAFEL Sirkel: Paarl...
Lees meer...Van tuin tot tafel op Karri Grove
Aberdeen VLV: Van tuin tot tafel op Karri Grove Sirkel: ...
Lees meer...Geamputeerde na Kilimanjaro
Sirkel Paarl VLV Malmesbury 20 Mei 2026 Beriggewer: Susan Stoffberg...
Lees meer...Opvoeding as ‘n spanpoging
Opvoeding as ‘n spanpoging: Huis, Skool & Gemeenskap Sirkel ...
Lees meer...



































