Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Paarl

Tak: Suider Paarl

Portefeulje: Naaldwerk

Saamroeper: Jenny Ruthven

Beriggewer: Gonny du Plessis

Datum van Vergadering: 17 Junie 2026

Die tema van die oggend was, “jy is spesiaal”.

Lede van die Suider Paarl-tak het op ‘n regte wintersdag die koue trotseer om meer te leer oor die verwerking van leer in bruikbare leerprodukte.

Me Jolene Marais van Soultread Creations, het kom vertel van haar doel en passie om eendag haar eie leerfabriek te besit. Met baie ompaaie en teleurstellings en weer opstaan en weer te probeer, besit sy haar eie klein boetiekfabriek in die ou Leerlooieryfabriekperseel in Wellington.

Sy het eers baie self gewerk, maar het nou ‘n persoon in diens geneem wat al 17 jaar in die bedryf gewerk het. Sy gee die idees en nuwe planne en hy voer dit uit.

Na die aankoop van ‘n groot Industrieële naaimasjien gaan die werk aansienlik vinniger en kan sy bestellings beter deurvoer.

Daar is ook die oggend drie pragtige liedjies van die bekende Romanz sanggroep gespeel om die dames spesiaal te laat voel.

Jy is Spesiaal

Lede wat die oggend georganiseer het: vlnr: Jolene Marais, spreker, Sonja du Toit, Jenny Ruthven, saamroeper, Melandrie Valentine, Alida Valentine en Gonny du Plessis,voorsitter.

Jolene Marais word bedank deur Berta Spangenberg, sekretaris.

Leer artikels wat deur me Jolene Marais vervaardig word.