Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Switserse knopies en tuinwenke

Sirkel: Paarl Tak:Wellington Studierigting: Leefstyl en Landbou&Tuinbou Beriggewer: Juanita Loubser Datum van gebeurlikheid: 23 Maart 2023 Al is dit HERFS, kan mens mos begin kyk na lekker warm etes. Elsa Aebi maak heerlike knöpfle vir ons. Eg Switserse knopies (amper soos pasta) wat jy in water kook en dan met heerlike souse kan eet.   […]

Klein-Brakrivier vier pragtige Proteas

  Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Studierigting: Leefstyl en Kunste & Handvlyt Beriggewer: Lydie Terblanche Datum: 13 April 2023   Proteas is bekend vir hul prag en rykheid en blom meestal in Wes-Kaapland aan die begin van die winter. Die protea word algemeen erken as Suid-Afrika se nasionale blom en is ook die amptelike embleem van […]

Klein-Brakrivier lede geniet intertak werksessies

Sirkel: SWD Tak:  Klein-Brakrivier Leefstyl en Kunste en Handvlyt:  Intertak aktiwiteite Verslaggewer:   Lydie Terblanche Datum: 12 April 2023 Op 8 Maart het Klein-Brakrivier taklede, Franci Raubenheimer, Susànne  le Roux en Susan Ann Chatterton, Diepkloof tak se papier-maak werksessie ondersteun. Diepkloof Voorsitter Anita Fourie het die uitnodiging gerig. Lede moes saamneem: 1. Fyn gesnipperde koerantpapier, van vorige […]

Langebaan leer meer oor Xhosa tradisies

Tak: Langebaan Sirkel: Weskus Studierigting: Opvoeding en Kultuur Beriggewer: Cynthia Huysamen Datum: 12 April 2023 Maureen Koekemoer en haar groep van Opvoeding&Kultuur is die gasvroue.  Hulle vermaak ons deur die “Jerusalema” te dans, wat sorg vir ‘n vrolike samesyn. Mariëtte Opperman het ‘n liefde vir tale en sy wens die dames geluk wat in April […]

Lugbraaiers en waaierbraaiers

Sirkel: Noord-Karoo Tak: Murraysburg Portefeulje: Leefstyl Datum: 12 April 2023 Beriggewer: Theresa Troskie Lugbraaier of Waaierbraaier of Airfryer.    Wat is dit?  Dit is ’n kombuistoestel wat kos d.m.v. warmlugsirkulasie gaarmaak.  Hulle is tegnies ontwerp om die voordele van die konvensionele diepbraaier en die konveksie-oond te kombineer.  Dit werk met ’n meganiese waaier wat warm […]

Porseleinpoppe en die kuns van koekversiering

Sirkel: Worcester Tak:  VLV Ceres Portefeulje:  Kunste en Handvlyt Beriggewer:  Louwna Hoving Datum:  11 April 2023 Porseleinpoppe en die kuns van koekversiering Louwna Hoving (links) en Hannelie van Schalkwyk (regs) Hannelie van Schalkwyk deel feite mee oor die porseleinpoppe.  Eerste poppe is in Duitsland vervaardig tussen 1818 en 1840 van wit geglasuurde porselein en geverfde […]

Oudtshoorn dink opnuut aan skoonheid

Sirkel: SWD Tak: Oudtshoorn Portefeulje: Opvoeding en Kultuur Beriggewer: Isabella Jansen van Nieuwenhuizen Datum: 11 April 2023  Die Uitdaging van Verandering: Ons dink opnuut aan skoonheid Die VLV-tak kyk met ‘n ander bril na die VLVK-tema vir die jaar. Net om ons geheue van die vorige vergadering te verfris laat Nelia Stadler die lede ‘n […]

Pragtige lelies en rissies op Kleinmond

Sirkel: Overberg Tak: Kleinmond Portefeulje: Landbou&Tuinbou Datum: 28 Maart 2023 Beriggewer: Hermien van Zyl Fotograaf: Alice van Rooyen   VLV-Kleinmond se Landbou & Tuinbou-vergadering was letterlik vol pitkos en in die gees van landbou met kompetisie-artikels wat ingesluit het vrugterangskikkings, ‘n “Dankgebed ná die oes”, ‘n serp&mus-stel vir ‘n man en ‘n “Portret van ‘n […]

Goodwood leer hoe om jonger te lyk

Sirkel: Tygerberg Tak: Goodwood Portefeulje: Gesondheid Beriggewer: Alet Colyn Datum: 28 Maart 2023 Sydney Grovè, ‘n gevorderde Verpleegpraktisyn, was die spreker.  Hy vertel dat hy van kleintyd gefassineer was oor hoe babas gebore word en met altesame 13 akademiese jare agter die rug, het hy watergeboorte bestudeer.  Tot 2019 het hy al 25 000 babas […]

VLV Voëlvlei se dames word bederf met sang en woorde

Sirkel: SWD Tak: Voëlvlei Portefeulje: Kunste en Handvlyt Beriggewer: Ronel Laubscher Datum: 28 Maart 2023     Tydens Maartmaand se byeenkoms van VLV Voëlvlei in Vleesbaai, is die dames geseën met sang items deur die pragtige en bekende Natasha Joubert. Met haar positiewe gesindheid en uitsonderlike talent het sy die dames net weer herinner aan […]