Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Tak: Langebaan

Sirkel: Weskus

Studierigting: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Cynthia Huysamen

Datum: 12 April 2023

Maureen Koekemoer en haar groep van Opvoeding&Kultuur is die gasvroue.  Hulle vermaak ons deur die “Jerusalema” te dans, wat sorg vir ‘n vrolike samesyn.

Mariëtte Opperman het ‘n liefde vir tale en sy wens die dames geluk wat in April Verjaar met ‘n verduideliking vir elkeen wat haar naam in Xhosa sou beteken.

 

Die gasspreker, Mologadi Makwela, Kommunikasie Bestuurder by Sanlam, lig ons in oor die ingewikkelde tradisionele gewoontes in swart kulture en die lang proses wat sy moes deurgaan om in die huwelik te tree.  Haar praatjie laat ons weereens besef hoe moeilik dit vir ’n jong vrou is om haar tradisies te respekteer en nogsteeds in ‘n moderne samelewing te funksioneer.  Die belangrike rol van musiek word veral uitgelig en die feit dat dit die oorkoepelende faktor is wat verskillende kulture laat saamwerk en beter verstaan.  Mologadi word bedank deur Marie de Villiers en heel gepas met die tema, sing ons vir haar “Ons sê baie baie dankie”.

Dalene Vanderwalt (ja dit word so geskryf) en Gasspreker, Mologadi Makwela.

 

 

 

 

Ria Nagel lewer verslag oor die Konferensie wat op 8 Maart deur Moorreesburg aangebied is en dié wat nog nie lus was vir bywoon nie, sou hierna beslis wees.  Konferensie-deelnemers wat gekwalifiseer het, se pryse word oorhandig.  Ons tak het die Sertifikaat van Verdienstelikheid ontvang.

Ria Nagel, vise Voorsitter, doen verslag oor Konferensie.

 

 

 

 

Ons vergadering sluit af met die gewone heerlike tee, gesels en eetgoed.

Groepfoto – Opvoeding & Kultuur Vlnr Marie de Villiers#1, Judy Peacock, Dalena van der Vyver, Maureen Koekemoer, Marie de Villiers#2, Mariëtte Opperman en Elza Singels)

Versiering / dekor….