Sirkel: Worcester
Tak: VLV Ceres
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Louwna Hoving
Datum: 11 April 2023
Porseleinpoppe en die kuns van koekversiering

Louwna Hoving (links) en Hannelie van Schalkwyk (regs)
Hannelie van Schalkwyk deel feite mee oor die porseleinpoppe. Eerste poppe is in Duitsland vervaardig tussen 1818 en 1840 van wit geglasuurde porselein en geverfde hare. Dit was speelgoed vir adellikes en rykes gemaak met huidige modes geklee, dus ‘n statussimbool. Daarna is ongeglasuurde poppe gemaak met lyfies van leer, materiaal of papiermache en met saagsels gestop. Die oë was van glas, die koppe van gebakte rou klei en hare was pruike van menshare of sybokhaar. Kinderpoppe is eers in die laat 19de eeu gemaak en was goedkoper as volwasse poppe. Gesigte word ook met karakter geskep. In Amerika is die eerste kewpie poppe van ongeglasuurde klei gemaak. Celluloid het die klei vervang. Japan het na 1920 klein ongeglasuurde poppies gemaak met oliegeverfde gesigte wat maklik afgewas het. China het goedkoper kleipoppe gemaak. Die maak van kleipoppe het ook ‘n stokperdjie geword. Ongeglasuurde poppe is waardevolle versamelstukke en word tot vir £242 500 verkoop. Dié met toe monde en treurige gesigsuitdrukking behaal hoër pryse.

Uitstalling van porseleinpoppe en baie ou antieke speelgoed.
Louwna Hoving bied ‘n FAK-liedjievasvra aan.

Wilna van Wyk
Wilna van Wyk doen ‘n demonstrasie en die versierde miniatuur koeke word aan die verjaardaglede gegee. Fondant is nie so gewild by die jonger geslag nie. Versierings kan deesdae ook klaar gemaak in winkels gekoop word. Hulpmiddels soos gom, poeiereierwit, blommetjies en “springrollwraps”(soos ryspapier) en koppiespelde met gekleurde koppies is nuttig. Maak seker dat die spelde getel word sodat almal na die tyd verwyder kan word.

Versierde koekies
Een van die kompetisie-inskrywings was drie versierde Marie-beskuitjies vir ‘n kinderpartytjie.

Joy van Biljon en Hannelie van Schalkwyk
Die truitjies deur Joy van Biljon gebrei word aan Hannelie van Schalkwyk oorhandig en sal aan pasgebore baba’s by die hospitaal geskenk word. Sy stel die patroon beskikbaar vir lede wat ook wil deelneem aan die projek.