Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

So versier jy soetkoekies

Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Studierigting: Leefstyl Beriggewer: Lydie Terblanche 22 Junie 2023 SO MAAK MENS Klein-Brakrivier VLV-tak het hierdie jaar reeds ‘n reeks baie gewilde werksessies aangebied. Die nuutste, op 22 Junie, was ‘koekie versierings’ wat deur Edna Myburgh van die bekende Cake Petal en haar mentor Hilary Otto, aangebied is.  Edna is ‘n ou […]

Verskillende masjienwerk tegnieke

Sirkel: Kalahari Tak: Vryburg Studierigting: Opvoeding Beriggewer: Nellie Viljoen Datum: 21 Junie 2023 Margo du Plessis deel haar kennis oor verskillende tegnieke wat in masjienwerk gebruik kan word. Moderne masjiene kan verstel word om verskillende teksture te stik. Enige materiaal van kurk tot balsahout kan gebruik word. Sy verduidelik tegnieke soos appliek, mosaïek, dollaslap, kant, […]

Boekbespreking by Goodwood se 75ste

Sirkel: Tygerberg Tak: Goodwood Portefeulje: Kunste en Kultuur Beriggewer: Alet Colyn Datum: 20 Junie 2023 Alta Cloete is ‘n Paarliet en het redelik laat in haar lewe begin skryf.  Jare gelede het sy kortverhale vir tydskrifte onder die skuilnaam Marle Cloete, geskryf.  Sy is versot op Afrikaans en het twee groepe, Kom ons lees weer Afrikaans en […]

VLV Voëlvlei leer van kwiltwerk

Sirkel: SWD Tak: Voëlvlei Portefeulje: Leefstyl Beriggewer: Ada Gericke Datum: 20 Junie 2023 VLV Voëlvlei leer van Kwiltwerk Die allermooiste voorbeelde van kwiltwerk het die oë van die lede van Voëlvlei VLV-tak behoorlik laat rek by hul Junievergadering op Vleesbaai. Rita Cloete, kwiltmeester en inwoner van Heroldsbaai het op die vrolikste en mees entoesiastiese wyse […]

Hermanus se oudste lid plant boom

Sirkel: Overberg Tak:  Hermanus Studierigting: Landbou en Tuinbou Beriggewer: Mariette Steyn Datum: 20 Junie 2023 VLVK se projek vir die jaar is Bome vir ons kinders en ter herdenking hiervan het die tak hierdie week ń olyfboom by NG Kerk Hermanus geplant. Wat ń voorreg om vir tannie Peggy (95) ons oudste lid, ons boom […]

Gansbaai se stories

Sirkel: Overberg Tak: Gansbaai Beriggewer: Marianna Mostert Datum: Junie 2023 “Die uitdaging van verandering” Wat ‘n fantastiese VLV-jaar beleef Gansbaai nie!! Ons 6 maande VLV Gansbaai kalender 2023 stories Ons is nou halfpad in die pad af met 2023 se VLV- Kalenderjaar en glo my hierdie jaar beleef Gansbaai Tak al die voorspoed en seën […]

Snoesige serpe word geweef

Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Studierigting: Leefstyl Beriggewer: Lydie Terblanche Datum: 15-06-2023  Snoesige serpe vir die winter Een van die 2024 kompetisie items is ‘n sagte, snoesige geweefde serp. Wie beter om so ‘n werkwinkel aan te bied as ons eie Retha Nagel, jaarlikse wenner van hierdie afdeling. Christene Marais, Christa Vreugdenburg, Susanne le Roux, Joey […]

Murraysburg leer van sementbakke en voedselkouse

Sirkel: Noord-Karoo Tak: Murraysburg Portefeulje: Leefstyl, Kunste en Handvlyt Beriggewer: Theresa Troskie Datum: 14 Junie  2023   Wilna Pienaar demonstreer die maak van ’n sement-voëlbadjie. Hierdie artikel  is uiters maklik om te maak en dis baie bevredigend om jou handewerk agterna in jou tuin te gebruik. STAP 1:  Maak ’n holte in die grond, so […]

Verskeidenheid op St Helenabaai

Sirkel: Weskus Tak: St Helenabaai Beriggewer: Maggie Enever Datum: 18 Julie 2023 5 Pragtige vergaderings: Die hoogtepunte van Februarie tot Junie 2023.  Tydens die 5 vergaderings het 13 nuwe lede aangesluit. 14 Februarie – Landbou en Tuinbou Sameroepster Annelie Nieman VLVK- Tema: Die uitdaging van verandering word aangespreek met die bekendstelling van alternatiewe tuinbou naamlik […]

Knitting in Public Day

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Studierigting: Leefstyl Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 10 Junie 2023   Die Amigurumi’s van VLV Bredasdorp Tak was die eerstes op die stoep van die feeshuis op Napier met KNITINPUBLICDAY 2023.