Afsluiting: Slot van die Paarl
Sirkel: Paarl Tak: Slot van die Paarl Afsluiting Beriggewer: Annalise Loubser Datum: 28 Oktober 2023 Bestuur van die tak in 2023 Fia la Grange (lid) en Marinda Rall (VLV Sirkelpresident) mooi met hulle hoede. Die afsluiting van VLV Slot van die Paarl het in die pragtige tuin van Alta Priem plaasgevind. Die lede het opgedaag […]
Kleinmond se afsluiting
Sirkel: Overberg Tak: Kleinmond Takafsluitingsfunksie Datum: 14 November 2023 Beriggewer: Hermien Van Zyl Kleinmondtak het die nuwe termyn met VLVK se projekidee begin deur aan die pragtige Kogelbergse natuur aandag te gee met ‘n afsluitingsfunksie in die Garden Restaurant van die Harold Porter-Natuurtuin buite die dorp. Gasvrye personeel het almal binne gelukkig gehou, en die […]
Oor vye en bye
Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Studierigting: Landbou & Tuinbou en Leefstyl Beriggewer: Lydie Terblanche Datum: 8 en 11 November 2023 Oor vye en bye ‘n Groepie Klein-Braklede het by die Midbrak Tuinbouklub aangesluit vir ‘n heerlike oggend in die Groot-Brak-stasietuine. Die wandelpaaie, aangenaam beskadu teen die oggendson saam met ons twee kundige gidse, Michelle Heyes en […]
Cradock Sirkel hou kreatiewe dag
Sirkel: Cradock Portefeuljes: Landbou & Tuinbou en Kunste & Handvlyt Beriggewer: Teresa Opperman Datum: 10 November 2023 Die 5 takke van Sirkel Cradock het op 10 November ñ Sirkeldag in Cradock gehou. 17 VLV vroue het uit alle windrigtings na Cradock gereis om die kreatiewe oggend by Albert House by te woon. Isabel Wilken (Sirkelpresident) […]
Afsluiting: Oudtshoorn
Sirkel: SWD Tak: Oudtshoorn Beriggewer: Isabella Jansen vN Datum: 7 November 2023 Die Uitdaging van Verandering: Afsluiting Voordat die vergadering in aanvang neem, vergas Margaret Potgieter ons met haar uitmuntende klavierspel. “Hoe het die dag so laat geword” (Olga Kirch), is die retoriese vraag wat die uittredende voorsitter, Valeria Terblanche, in haar uittreerede vra. Na […]
Murraysburg hou Kersmark
Sirkel: Noord-Karoo Tak: Murraysburg Kersmark en Afsluitingsvergadering Datum: 8 November 2023 Beriggewer: Theresa Troskie Ds. Luané McLachlan bring vir ons ’n Kersboodskap. Sy lees ’n stuk uit die Lig voor wat handel oor die 100 skape waarvan een weggeraak het. (Geskryf deur Sieg Louw.) Sy lees ook die gelykenis voor uit Lukas 15. Die kleingoed […]
Mev Rademeyer ontvang 65 jaar lidmaatskapknopie
Sirkel: Noord-Karoo Tak: Petrusville Beriggewer: Renèe Swanepoel Datum: 7 November 2023 Tydens Petrusville-tak se jaarafsluiting is die 65 jaar lidmaatskapknopie oorhandig aan mev. Ronella Rademeyer. Sy het op aandrang van haar vader aangesluit by die VLV-tak op Petrusville in 1958 nadat sy noodgedwonge, na ‘n jaar se onderwysstudie op Stellenbosch, skielik en onvoorbereid plaas toe […]
Die vakansie is om die draai.
Sirkel: Tygerberg Tak: Kuilsrivier Studierigting: Openbare Sake Beriggewer: Mariëtte Krige Datum: 1 November 2023 Die vakansie is om die draai! Die jaar is amper verby en dit is tyd om so ‘n bietjie te begin ontspan en te dink aan vakansie. Die dames van Kuilsrivier het hulle vakansie gevoel en klere nadergetrek en lekker gekuier […]
Hartenbos leer meer oor loombreiwerk
Sirkel: SWD Tak: Hartenbos VLV Studierigting: Leefstyl Beriggewer: Wilma van Staden Datum: 24 en 31 Oktober 2023 Tydens ons laaste byeenkoms van 2023 het die tak se voorsitter, en ‘n bedrewe beoordeelaar, Rita Burger, die lede toegesprëek en sekere kriteria vir kompetisies vir die drie verskillende kompetisie- vlakke duidelik gemaak. Sy het ook handige wenke […]
Klein Brakrivier: Afsluiting
Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Afsluiting Beriggewer: Lydie Terblanche Datum: 24 Oktober 2023 OKTOBERMAAND DIE MOOISTE, MOOISTE MAAND Taklede het Oktobermaand aan ‘n paar interessante projekte/aktiwiteite deelgeneem voordat almal saam die afsluitingsfunksie geniet het. Met die afsluiting het die gekombineerde 2023-2024 bestuurspan vir lip-lek-lekker eetgoed en ‘n pragtige saal gesorg; Franci en Lydie (vir oulaas) het […]