Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Petrusville
Beriggewer: Renèe Swanepoel
Datum: 7 November 2023
Tydens Petrusville-tak se jaarafsluiting is die 65 jaar lidmaatskapknopie oorhandig aan mev. Ronella Rademeyer.
Sy het op aandrang van haar vader aangesluit by die VLV-tak op Petrusville in 1958 nadat sy noodgedwonge, na ‘n jaar se onderwysstudie op Stellenbosch, skielik en onvoorbereid plaas toe moes kom toe haar moeder op 52 oorlede is. So begin ’n baie roemryke en ryk VLV-reis vir haar met baie hoogte-punte. Vele kleurryke staaltjies en onskatbare herinneringe is deel van hierdie reis. Een van die groot hoogtepunte is die stigting van die tekstielmuseum in Jubileumhuis op Stellenbosch. ‘n Baie kosbare vriendskap met die bekende Hetsie van Wyk, wêreldbekend vir haar borduurwerk, is opgebou. 36 artikels van Hetsie van Wyk se beste en mooiste werk word tans in die tekstielmuseum bewaar.
Ronella Rademeyer se raad aan elke VLV-lid is: Koester jou VLV-lidmaatskap, pas dit op, en wees dankbaar vir hierdie voorreg.

Marise de Villiers en Mev Ronella Rademeyer