Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Klein Brakrivier neem deel aan hekelmaraton

Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Studierigting: Leefstyl Beriggewer: Lydie Terblanche Datum: 27 Mei 2023   Klein-Brakrivier-taklede deel van Hekel safari-maraton Klein-Brakrivier taklede, Joey Gouws, Susánne le Roux, Lynette Nel en Denise Taljaard was deel van die Nasionale Hekel Maraton. Al 21 stoele in die lokaal was deur deelnemers beset. Die  Hekel Safari Maraton by Seefront Hartenbos […]

Ontdek weer jou liefde vir boeke.

Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Portefeulje: Kuns & Handvlyt Verslaggewer: Lydie Terblanche Datum: 24 Mei 2023  Ontdek weer jou liefde vir boeke. So rondom ‘n tafel, met stapels boeke, koffie aan die kant, tert in die hand, knie-kombersies, en blomme as sintuiglike bydrae, het lede van Klein-Brakrivier, George, Voëlvlei en Hartenbos  ‘n kreatiewe boekbespreking werkwinkel bygewoon. […]

Klein-Brakrivier hekel van hoek-tot-hoek

Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Portefeulje: Leefstyl Verslaggewer: Lydie Terblanche Datum: 18 Mei 2023  Klein-Brakrivier hekel van hoek-tot-hoek Klein-Brakrivier-tak het op 18 Mei ‘n suksesvolle Hoek-tot-Hoek-hekelwerk (C2C, corner to corner) werkwinkel aangebied. Die aanbieder was Joey Gouws, ‘n Klein-Brakrivier taklid. Almal wat die oggend meegemaak het, het baat gevind by haar vriendelike en gemaklike aanbieding en […]

Volstruis eierdop Mosïek

Sirkel: SWD Portefeulje: Kunste & Handvlyt Beriggewer: Lydie Terblanche Datum: 11 Mei 2023  Klein-Brakrivier speel met volstruis eierdoppe Klein-Brakrivier taklede, asook lede van Voëlvlei, Diepkloof, George en Eden, het ‘n heerlike leer-, speel- en kuieroggend met volstruis eierdop-mosaïek gehad. Cecilia Pieterse was die aanbieder, en Petro Doman (SWD Kunste en Handvlyt Sameroeper van Oudshoorn), het […]

Die voordeel van akwaponika stelsels

Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Portefeulje: Landbou & Tuinbou Beriggewer:   Lydie Terblanche Datum: 25 April 2023 Die voordeel van akwaponika stelsels  Lede van Klein-Brakrivier het ‘n heerlike leersame oggend-uitstappie na Hoërskool Outeniqua geniet om meer oor hul akwaponika-tonnels te leer.  Hoërskool Outeniqua is al meer as ‘n eeu aan die gang en is innoverende baanbrekers […]

Klein-Brakrivier vier pragtige Proteas

  Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Studierigting: Leefstyl en Kunste & Handvlyt Beriggewer: Lydie Terblanche Datum: 13 April 2023   Proteas is bekend vir hul prag en rykheid en blom meestal in Wes-Kaapland aan die begin van die winter. Die protea word algemeen erken as Suid-Afrika se nasionale blom en is ook die amptelike embleem van […]

Klein-Brakrivier lede geniet intertak werksessies

Sirkel: SWD Tak:  Klein-Brakrivier Leefstyl en Kunste en Handvlyt:  Intertak aktiwiteite Verslaggewer:   Lydie Terblanche Datum: 12 April 2023 Op 8 Maart het Klein-Brakrivier taklede, Franci Raubenheimer, Susànne  le Roux en Susan Ann Chatterton, Diepkloof tak se papier-maak werksessie ondersteun. Diepkloof Voorsitter Anita Fourie het die uitnodiging gerig. Lede moes saamneem: 1. Fyn gesnipperde koerantpapier, van vorige […]

Vergadering propvol lekkertes

Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Studierigting: Landbou & Tuinbou, Openbare Sake Datum: 28 Maart 2023 Beriggewer: Lydie Terblanche Fotograaf: Layla-Belle Photograph Op 28 Maart het Klein-Brakrivier ‘n program wat van hoek tot kant propvol lekkertes was, aangebied. Voorsitter Lydie Terblanche het die gaste welkom geheet en Vise-Voorsitter Lynette Nel het ‘n danksegging gedoen. Cecilia Pieterse, Landbou […]

Vroeg uit die vere

Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Studierigting: Opvoeding en Kultuur Beriggewer: Lydie Terblanche Datum: 18 Januarie 2023 VROEG UIT DIE VERE Klein-Brakrivier het reeds vroeg in Januarie 2023, met vuur en vlam weggespring. Die eerste geleentheid was onder die Opvoeding- en Kultuur vaandel, met ‘n vol saal lede en gaste wat vreeslik uitgesien het om weer saam […]

Kleinbrak leer ook puntverfkuns

  Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Studierigting: Landbou en Tuinbou Beriggewer: Lydie Terblanche Datum: 9 November 2022   Taklede het Vrydag 11 November met die “Dot-Art” werksessie lekker kreatief saam gekuier, geleer, gelag en pragstukke opgelewer.