Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Portefeulje: Leefstyl

Verslaggewer: Lydie Terblanche

Datum: 18 Mei 2023

 Klein-Brakrivier hekel van hoek-tot-hoek

Klein-Brakrivier-tak het op 18 Mei ‘n suksesvolle Hoek-tot-Hoek-hekelwerk (C2C, corner to corner) werkwinkel aangebied. Die aanbieder was Joey Gouws, ‘n Klein-Brakrivier taklid. Almal wat die oggend meegemaak het, het baat gevind by haar vriendelike en gemaklike aanbieding en die tegniek sommer gou onder die knie gekry.

Die projek is deel van SWD se Leefstyl kompetisies.  Die opdrag is om ‘n kussing met ‘n prent voorop vir ‘n kind tussen 6 en 10 jaar te hekel, deur gebruik te maak van die C2C (corner to corner) tegniek.

Wenke vir hierdie item:

  • Kies ‘n geskikte prent
  • Koop geskikte hekelwol soos Charity (vir ‘n kind om op die vloer te gebruik)
  • Regte hekelpen
  • Begin hekel by onderste deel van blokkies
  • Maak die voorpant met regte lengte sodat hoeveelheid blokkies bepaal kan word
  • Die voor- en agterpante kan apart gehekel word, werk netjies vas met wol.

Werksessie deelnemers:

Joey Gouws – aanbieder, Susanne le Roux, Lynette Nel, Leola Esterhuizen, Helen le Roux, Christene Marais, Suzette O’Kelly, Susan Ann Chatterton en Joe-Marie Kotze

 

 

 

0 Responses

  1. Dit lyk mooi en baie interesant. Dis so goed om te. sien hoeveel mensse stel belang om te leer

  2. Dit was so n heerlike werksessie en ek voel totaal geinspireer om n C2C kussing aan te pak. Joey is die heel BESTE leermeester met die wêreld se geduld. Dankie vir die geleentheid.