Baie welkom op die webwerf van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland!
Dit is ‘n vroue organisasie vir persoonlike groei wat aan sy lede die geleentheid vir persoonlike vooruitgang en diens aan die gemeenskap bied. Dit stel die lede in staat om ‘n gesonde gesinslewe te lei, effektief aandag te skenk aan behoeftes in die gemeenskap en om diens te lewer in hierdie verband.
Die vereniging bied interessante maandelikse programme aan deur middel van praatjies, demonstrasies, debatvoering, uitstallings, opvoerings, besprekings by vergaderings, asook georganiseerde opvoedkundige uitstappies oor Kunste en Handvlyt, Gesondheid, Opvoeding en Kultuur, Leefstyl, Openbare Sake en Landbou en Tuinbou.
ONS FOKUS VIR 2026
Twee doelwitte van VLVK is om vroue by te staan en aan te moedig om meer ingelig te wees en om te help om behoeftes in die gemeenskap raak te sien en op te los.
Dit word gedoen deur jaarlikse projekte waardeur die VLVK kan uitreik na individue, groepe en die gemeenskap.
Die projek vir hierdie jaar is: Van tuin tot tafel
Die nuwe tema vir Augustus 2025 – Augustus 2026 is:
Ons krag lê in spanwerk
Hoe word ek ‘n lid van die VLVK?
Klik hierJongste Nuus
Hoe rooier, hoe mooier
Klein-Brakrivier, Sirkel SWD Opvoeding & Kultuur, Saamroeper Ansie Venter Media-koordineerder...
Lees meer...Bobotie, melktert, hertzoggies en biltong
Sirkel: WESKUS Tak: GRAAFWATER Portefeulje: OPVOEDING & KULTUUR Saamroeper: MARINA...
Lees meer...SWD – ONS KRAG LÊ IN SPANWERK
SWD MEDIA KOÖRDINEERDER: LYDIE TERBLANCHE 8 JANUARIE 2025 Van Klein-Brakrivier...
Lees meer...Hannelie Low VLVK President feestyd boodskap
https://youtube.com/shorts/j7LSwAWap_s
Lees meer...TREES OF THE YEAR
Circle: South Western Disricts Branch: STILL BAY Portfolio: Landbou Convenor: ...
Lees meer...Suider Paarltak gryp die kans!
Sirkel: Paarl Tak: Suider Paarl Portefeulje: Openbare Sake Saamroeper: Bestuur...
Lees meer...Damesoggend met Kerstema
Sirkel: Paarl Tak: Sirkel Paarl Portefuelje: Damesoggend met Kerstema Beriggewer:...
Lees meer...95 JAAR, DANKBAAR, VROULIK en VROLIK
SIRKEL: Tygerberg TAK: Kuilsrivier BERIGGEWER: Mariëtte Krige DATUM: 27 November...
Lees meer...



































