Goodwood leer van HOOP en geniet dit om te Pik-en-Proe
Sirkel : Tygerberg Tak : Goodwood Portefeulje : Openbare Sake Beriggewer : Alet Colyn Datum : 21 Mei 2024 Goodwood leer van HOOP en geniet dit om te Pik-en-Proe Willinda Ford van HOOP, die welsynsinisiatief van ‘n plaaslike radiostasie, Bokradio, het die lede oor hulle werksaamhede kom toespreek. Hierdie projek is ses jaar gelede […]
Goodwood smok, spog en stap
Sirkel: Tygerberg Tak: Goodwood Portefeulje: Leefstyl: Naaldwerk Beriggewer: Alet Colyn Datum: 16+17 April 2024 Goodwood smok, spog en stap Die naaldwerksaamroeper, Magdaleen Joubert, het aan die lede gewys hoe die nuwe borduurkompetisie vir 2025 se kussing, in Indiese Kettingsteek, moet lyk. Daarna het Gina Hutton, ‘n voormalige lid, haar gesmokte kersballe gedemonstreer. […]
Goodwood leer van pyn
Sirkel: Tygerberg Tak: Goodwood Portefeulje: Gesondheid Beriggewer: Alet Colyn Datum: 14 Maart 2024 Dr. Lizane Riekert van die Panorama Pynkliniek het waardevolle inligting rakende pyn met ons kom deel. Pyn is ‘n onaangename, sensoriese en emosionele ondervinding. Geen twee mense ervaar pyn in dieselfde mate of om dieselfde redes nie. Daar is drie tipes pyn […]
Goodwood luister en leer
Sirkel: Tygerberg Tak: Goodwood Portefeulje: Landbou en Tuinbou en Opvoeding Beriggewer: Alet Colyn Datum: 26 Februarie 2024 Anina van der Spuy was die spreker en het haar gedagtes oor ons jeug, wat die hoop vir die toekoms is, met ons gedeel. Nie so lank gelede was ons die jeug wat die hoop vir die toekoms […]
Goodwood begin op ‘n hoë noot
Sirkel: Tygerberg Tak: Goodwood Portefeulje: Openbare Sake Beriggewer: Alet Colyn Datum: 16 Januarie 2024 Verteenwoordigers van ‘n finansiële instelling het ons lede oor o.a. boedelbeplanning, rekeninge en bankkoste kom toespreek. Waardevolle inligting is deurgegee o.a. dat jou testament onmiddellik na die afsterwe van jou gade verander moet word; plaas jou oorspronklike testament by ‘n instansie […]
Goodwood sluit af op ‘n hoogtepunt
Sirkel: Tygerberg Tak: Goodwood Beriggewer: Alet Colyn Datum: 21 November 2023 Ons Tak se afsluiting is die hoogtepunt op ons VLV-kalender, want dan vind die prysuitdeling plaas en ons vier saam Kersfees. Magdaleen Joubert (borduurwerk), Renè Tepper (gebak, gebottel en lekkers, kookkuns, blomme, kuns en handvlyt, masjienwerk, die meeste takinskrywings op konferensie asook die groottotaal), […]
Kinderopvoeding
Sirkel: Tygerberg Tak: Goodwood Portefeulje: Opvoeding en Kultuur Beriggewer: Alet Colyn Datum: 17 Oktober 2023 Nadat Madri Haasbroek haar gekwalifiseer het as kinderkinetikus en onderwyseres, het sy vir 19 jaar skoolgehou. A.g.v. die ondervinding wat sy deur die jare opgedoen het, kon sy baie interessante feite met ons deel. Onthou dat ‘n kind se […]
Goodwood pleeg kuns
Sirkel: Tygerberg Tak: Goodwood Portefeulje: Kunste en Handvlyt Beriggewer: Alet Colyn Datum: 15 Augustus 2023 Andrea Baramasco het ons aan Shabby Chic voorgestel. Dit is ‘n kunsvorm wat ontstaan wanneer jy ou en verweerde artikels in ‘n meer moderne styl optower vir hergebruik – meestal in pastelkleure. Gebruik enige afvalmateriaal wat tot jou beskikking is […]
Lede leer meer van Miami Canners se produkte
Sirkel: Tygerberg Tak; Goodwood Portefeulje: Leefstyl Beriggewer: Alet Colyn Datum: 25 Julie 2023 Helouise Erasmus, ‘n Maatskaplike Werker van beroep, het op die plaas La Cotte, in die Letsitele-gebied gewoon. Daar het sy met, hoofsaaklik, tamaties begin boer. Jan en Yolanda Pieterse van die buurplaas het Miami Canners, ‘n familie-onderneming, begin en so het ons […]
Boekbespreking by Goodwood se 75ste
Sirkel: Tygerberg Tak: Goodwood Portefeulje: Kunste en Kultuur Beriggewer: Alet Colyn Datum: 20 Junie 2023 Alta Cloete is ‘n Paarliet en het redelik laat in haar lewe begin skryf. Jare gelede het sy kortverhale vir tydskrifte onder die skuilnaam Marle Cloete, geskryf. Sy is versot op Afrikaans en het twee groepe, Kom ons lees weer Afrikaans en […]