Sirkel Tygerberg plant bome vir ons kinders
Sirkel: Tygerberg Studierigting: Landbou en Tuinbou Beriggewer: Ita van der Merwe Datum: Oktober en November Sirkel Tygerberg het deur bemiddeling van die Minister van Landbou in die Weskaap, Dr Ivan Meyer, 100 jong inheemse boompies gekry om in die omgewing te plant. Mevv René Nel (President), mev Emmie le Roux (Landbou&Tuinbou-saamroeper) en Ita van der […]
Kom ons bemark die VLV
Sirkel: Overberg Ampsdraers vergadering Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 17 Oktober 2022 Tydens Sirkel Overberg se Ampsdraersvergadering het Letty-Ann Möller deur middel van ‘n PowerPoint aanbieding die takke aangemoedig om die VLV te bemark deur van die Huis&Haard, Webwerf, Facebook en WA groepe gebruik te maak.
Weskus Damesoggend
Sirkel: Weskus Sirkel Weskus Damesoggend Beriggewer: Maggie Enever Datum: 15/10/2022 VLV Sirkel Weskus het ‘n baie suksesvolle Damesoggend aangebied by Soverby Lapa, Dwarskersbos. Dit is deur meer as 150 dames bygewoon. Die kunstenaar vir die dag was die baie talentvolle en pittige Jak de Priester. Die eienaar, sowel as Voorsitter VLV Velddrif, […]
Sirkel Paarl hou vrolike Sirkeldag
Sirkel: Paarl Geleentheid: Sirkeldag Beriggewer: Gonny du Plessis Datum: 13 Oktober 2022 Die Sirkel Paarl het ‘n vrolike Sirkeldag gehou met die tema “Anders as Normaal” Die takke moes elk hul eie tafel dek met die tema in gedagte. Ook moes die gelukkige trekkinggeskenke opgemaak word met dieselfde tema in gedagte. Die lede het met […]
Griekwaland Wes hou Sirkelvergadering
Sirkel: Griekwaland Wes Sirkelvergadering Beriggewer: Ruby Kriel Datum: 11 Oktober 2022 Sirkelvergadering gehou te Glen Lyon op 11 Oktober 2022. Die dames gaan na die vergadering op ‘n Wild besigtigingsrit op die plaas Glen Lyon. Agter v.l.n.r: Amanda Duvenhage: Sirkeltesourier en Nierkerkshoop takvoorsitter, Lienkie Maritz: Sirkelsameroeper Landbou en Tuinbou, Machel Van Niekerk : Sirkelpresident […]
Kinkel en Vonkel funksie
Geleentheid: Bekendstelling vir VLVK Beriggewer: Gonny du Plessis Datum: 28 September 2022 ‘n Baie gesellige “Kinkel en Vonkel” funksie is aangebied deur Me Chrisna Smit vir VLV lede en nie-VLV lede vir verdere bekendstelling van VLVK. Die Kinkel was die passievolle mnr Daniël de Kock wat kom praat het oor “die woema en passie […]
Gebruik jou porselein
Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 23 September 2022 Gebruik jou Porselein…dis waarin sy waarde lê. Henriëtte Derby, porseleinhandelaar, was gasspreker by Kleinmond VLV -tak se ‘High Tea’ Vrydag 23 September 2022. Sy gesels informeel en gemaklik met die saal vol vroue wie se tafels keurig gedek is met hulle beste porselein […]
Blommedemonstrasie by Kleinmond se High Tea
Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp / Kleinmond Studierigting: Kunste en Handvlyt Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 23 September 2022 “Sing jy in die Mannekoor?” Die fors man het aan die kop van die tafel reg langs die Cantare Mannekoor van Kleinmond gesit met soortgelyke klere aan en -soos gewoonlik- het ek my instink gevolg en -soos soms- […]
Sirkel Weskus: Sirkelvergadering
Sirkel: Weskus Sirkelvergadering Moorreesburg Beriggewer: Maggie Enever Datum: 21/09/2022 Die dames van Sirkel Weskus se 14 takke het by Le Must Eatery op Moorreesburg byme-kaar gekom. Die langtafel vergadering is op die pragtige stoep gehou. ‘n Groot bederf was die fyn teetyd eetgoed en heerlike middagete met ‘n glasie wyn. Sirkel Weskus Bestuur […]
Skakel vir Kongresfoto’s
Sirkel:Overberg Kongres 2022 Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 5 September 2022 Die Kongresfoto’s is by die volgende skakel beskikbaar. Gaan kyk gerus daarna. Die link is: http://www.togmatix.co.za/lpz7QBHx Event 34. Naam: VLV Kongres 2022 As jy besluit om ‘n foto te bestel, druk 2 keer (double click) daarop. Wanneer jy deur al die foto’s is, […]