Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Dordrecht lede kuier by Nerinahof

Sirkel: NOK Tak: Dordrecht Studierigting: Openbare Sake & Opvoeding en Kultuur Beriggewer: Antoinette van Pletzen Datum: 24 Mei 2023   Ninke Venter is Dordrecht-tak se saamroeper van Openbare Sake en het gereël dat die lede in die plaaslike Versorgingshuis, Nerinahof, vergader. Sy het veral vir Tannie Effie Jonker verwelkom, wat ‘n inwoner by Nerinahof is […]

Ontdek weer jou liefde vir boeke.

Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Portefeulje: Kuns & Handvlyt Verslaggewer: Lydie Terblanche Datum: 24 Mei 2023  Ontdek weer jou liefde vir boeke. So rondom ‘n tafel, met stapels boeke, koffie aan die kant, tert in die hand, knie-kombersies, en blomme as sintuiglike bydrae, het lede van Klein-Brakrivier, George, Voëlvlei en Hartenbos  ‘n kreatiewe boekbespreking werkwinkel bygewoon. […]

NOK hou Sirkeldag op Sterkstroom

Tak: Sirkel NOK Sirkeldag Beriggewer: Antoinette van Pletzen Datum: 20 Mei 2023 Die dag is deur Sterkstroom se VLV-tak aangebied en deur 30 persone van 7 verskillende dorpe bygewoon. Emma Pietersen van Sterkstroom het geopen n.a.v. Kol.3:23 & 25. Doen alles van harte soos vir God. Staan ons nog in diens van die Here, of […]

Sirkeldag op Cradock

Sirkel: Cradock Sirkeldag Beriggewer: Theresa Opperman Datum: 13 Mei 2023 30 VLV vroue het op ‘n ysige en nat Saterdagoggend 13 Mei, na Cradock gereis, waar daar ‘n Sirkeldag in die konferensielokaal by die Elizabeth Jordaan Tehuis aangebied is. Een derde van Sirkel Cradock se lede het die geleentheid bygewoon en die lede is opgewonde […]

Vryburg: Speelgoed vir kleingoed

Sirkel: Kalahari Tak: Vryburg Studierigting: Opvoeding en Kultuur Datum: Mei 2023 Beriggewer: Nellie Viljoen   Om vroeë kinderontwikkeling te bevorder het lede van Vryburg Vrouelandbouvereniging besluit om herwinbare items in die huis te omskep in opvoedkundige speelgoed vir kleuters tussen die ouderdom van 1 en 5 jaar. ‘n Pamflet met die mylpale vir elke ouderdomsgroep […]

Eendjies vir orgaanskenking

Sirkel: Paarl Tak: Hottentots Holland Studierigting: Gesondheid Beriggewer: Jeanette Snyman Datum: 10 Mei 2023 Op 10 Mei het Anna Touch die Hottentots-Hollandtak besoek om gebreide eendjes in ontvangs te neem. Laasgenoemde gaan versprei word om die publiek bewus te maak van orgaanskenking. Ouer persone kan nog been en weefsel skenk, al is 60 die afsnypunt vir […]

Hermanus besoek bessieplaas

Sirkel: Overberg Tak: Hermanus Portefeulje: Landbou en Tuinbou Berriggewer: Mariëtte Steyn Datum: 17 Mei 2023 Landbou het die maandvergadering uitgebrei met ‘n uitstappie na Haygrove plaas in die Hemel en Aarde vallei. Die plaasbestuurder, Stephan Strauss, het ons dames vertel van die werksaamhede op hierdie UK-gebaseerde plaas. Hierdie plaas is een van 4 plase wat […]

Wellington besoek Salem Bybeltuin

Sirkel: Paarl Tak:Wellington Woman Walk the World Beriggewer: Juanita Loubser Datum: Mei 2023 Alhoewel ons altyd Woman Walk the World in April doen, het die klomp vakansiedae en lang naweke ons bietjie gevang. Met die Pase agter die rug en Pinkster toe op hande, het ons by Salem Bybeltuin gaan stap in Noorder Paarl, net […]

Borskanker bewustheid

Sirkel: Tygerberg Tak: De La Haye Studierigting: Gesondheid Beriggewer: Elizabeth Joseph Datum: 13 April 2023   Spreker: Vicky Bruwer kom gesels met ons oor borskanker bewustheid.  Die spreker het ‘n pink T-shirt aan vir die Argus fietstoer, “Journey of cancer survivors” Dis ‘n ernstige “scare”. Sy vertel dat twee vriendinne van Engeland haar besoek het en […]

Klein-Brakrivier hekel van hoek-tot-hoek

Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Portefeulje: Leefstyl Verslaggewer: Lydie Terblanche Datum: 18 Mei 2023  Klein-Brakrivier hekel van hoek-tot-hoek Klein-Brakrivier-tak het op 18 Mei ‘n suksesvolle Hoek-tot-Hoek-hekelwerk (C2C, corner to corner) werkwinkel aangebied. Die aanbieder was Joey Gouws, ‘n Klein-Brakrivier taklid. Almal wat die oggend meegemaak het, het baat gevind by haar vriendelike en gemaklike aanbieding en […]