Die WAT ‘n tuiste vir almal

Sirkel: Weskus Tak: Porterville Portefeulje: Opvoeding & Kultuur Beriggewer: Marietha Swanepoel, mariethaswa@gmail.com Datum: 10 Maart 2022 Gasspreker: Doktor Gerda Odendaal: Redakteur van Buro van WAT Woordeboek. Haar praatjie “Die WAT ‘n Tuiste vir almal” verduidelik onder andere hoe omvattend hierdie woordeboek is; weerspieël hoe mense die Afrikaanse taal gebruik en hoe Afrikaans in verskillende mense […]
Vroeë Pioniers aan die Kaap

Sirkel: Tygerberg Tak: Kuilsrivier Studierigting: Opvoeding en Kultuur Beriggewer: Elmine Möller Datum: 2 Maart 2022 BEWAAR ONS ERFENIS: Op Woensdag 2 Maart 2022 het Professor Matilda Burden, emeritus professor verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch en Noordwes Universiteit, Kultuurhistorikus en Erfeniskonsultant, die Algemene Vergadering van VLV Kuilsrivier besoek. Sy het ‘n baie insiggewende praatjie gelewer […]
Voëlvlei leer en presteer

Sirkel: SWD Tak: Voëlvlei Portefeulje: Opvoeding en Kultuur Beriggewer: Ada Gericke Datum: 18 Maart 2022 Vlv Voëlvlei – ons leer en presteer Zettie Jonker en Anthea du Preez Leer: Die lede van die Voëlvlei-tak het ‘n baie leersame Maart-vergadering agter die rug. Hulle was bevoorreg om deur Zettie Jonker en Anthea du Preez van […]
Veri peri 2022 se kleur van die jaar

Sirkel: Paarl Tak: Paarl Aand Studierigting: Kunste en Handvlyt Beriggewer: Una Engelbrecht Datum: 17 Maart 2022 1. Petro Boshoff, kunsonderwyseres by Laerskool La Rochelle en saamroeper van Paarl Aand se Kunste en Handvlyt-komitee, gee ‘n kort inleiding m.b.v. ‘n Power Point-aanbieding oor kleurkenners Pantone se kleur van die jaar: veri peri, ‘n vermenging van rooi, […]
Konferensie: Griekwaland-Wes

Sirkel: Griekwaland-Wes Konferensie 2022 Beriggewer: Jorietha Kirsten Datum: 16 Maart 2022 Lede van die takke Griekwastad, Niekerkshoop, Olifantshoek en Volop is gasvry ontvang deur die gasvroutak op Postmasburg en hartlik verwelkom aan die tafels wat klassiek en stylvol versier is met blou en wit Delft. Die vise-president, Ruby Kriel, bedank die gasspreker, Jan-Louis Coetzer, wat […]
Suider Paarl hoor hoe hulle Volhoubaar kan Leef

Sirkel: Paarl Tak: Suider Paarl Portefeulje: Opvoeding en Kultuur Datum: 16 Maart 2022 Beriggewer: Gonny du Plessis Die Suider Paarl Tak het op 16 Maart hul Opvoeding en Kultuur vergadering gehou en me Hendrina Rossouw, ‘n voormalige skoolhoof van Hoër Meisieskool in die Paarl, het die vergadering waargeneem. Die twee skoolhoofde van die 2 groot […]
Leipoldtville leer ‘dot painting’

Sirkel: Weskus Tak: Leipoldtville Studierigting: Kunste en Handvlyt Beriggewer: Elsabe Carstens Datum: 16 Maart 2022 OP 16 Maart het Leipoldtville ‘n Kunste & Handvlyt vergadering gehou. Maar eers het hulle ‘n verrassing gehad toe die Voorsitter, Elsabe Carstens daar instap! Leipoldtville Tak wens hulle Voorsitter geluk met haar verkiesing as die Sirkelpresident van Sirkel Weskus […]
Konferensie: Sirkel Overberg

Sirkel: Overberg Konferensie 2022 Beriggewer:Letty-Ann Möller Datum: 16 Maart 2022 VLV OVERBERGSIRKEL GROEI Die 88ste Konferensie van VLV Sirkel Overberg was loshande een van die bestes. Gansbaai se VLV-tak spog met die beste deurlopende bywoningsyfer (85%) en hierdie tak van 60 lede se sinergie was tasbaar tydens die konferensie op Gansbaai. Effektiewe kommunikasie, orde, gasvryheid […]
Saamroepers word afgeneem

Sirkel: Weskus Tak: Graafwater Studierigting: Kunste en Handvlyt Beriggewer: Marina Visser Datum: 15 Maart 2022 Ons Kunste en Handvlyt vergadering het op 15 Maart 2022 plaasgevind. Die lede moes die sameroepers afneem wat hul portefeuljes voorgestel het en ‘n gunsteling foto is d.m.v WhatsApp gekies. Magda Kotze afgeneem deur Martie du Plessis Carol Loubser afgeneem […]
Strand vier fees

Sirkel: Paarl Tak: Strand Studierigtng: Opvoeding en Kultuur Beriggewer: Erna de Waal Datum: 15 Maart 2022 Strand VLV vier fees Vrolike lede van Strand Tak het met groot optimisme en dankbaarheid by hul vergadering opgedaag. Almal is pandemie voos en verlang na iets wat “normaal” is. Ná meer as twee jaar se ingehokte lewe en […]