Gebruik jou porselein
Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 23 September 2022 Gebruik jou Porselein…dis waarin sy waarde lê. Henriëtte Derby, porseleinhandelaar, was gasspreker by Kleinmond VLV -tak se ‘High Tea’ Vrydag 23 September 2022. Sy gesels informeel en gemaklik met die saal vol vroue wie se tafels keurig gedek is met hulle beste porselein […]
VLV “High Tea” tydens Kleinmond porseleinfees
Sirkel: Overberg Tak: Kleinmond Geleentheid: Vlv-High Tea Tydens Kleinmond-Porseleinfees Beriggewer: Hermien Van Zyl Datum: 23 September 2022 Die Kleinmondse Sakeforum het ‘n Keramiek- en Porseleinfees aangebied om die Porseleinroete bekend te stel waar die ateljees van verskeie keramiekkunstenaars besoek kan word. Hulle het die VLV-tak van Kleinmond gevra om ‘n High Tea aan te bied […]
Blommedemonstrasie by Kleinmond se High Tea
Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp / Kleinmond Studierigting: Kunste en Handvlyt Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 23 September 2022 “Sing jy in die Mannekoor?” Die fors man het aan die kop van die tafel reg langs die Cantare Mannekoor van Kleinmond gesit met soortgelyke klere aan en -soos gewoonlik- het ek my instink gevolg en -soos soms- […]
Misi Overturf besoek Piketberg VLV
Sirkel: Weskus Tak: Piketberg Portefeulje: Leefstyl Beriggewer: Nicoline Brown Datum: Donderdag, 15 September 2022 Misi Overturf (In die Sop/kykNET-faam) kuier by VLV Piketberg se Leefstyl-byeenkoms. ‘n Heerlike, interessante oggend is op 15 September te Highlands Eco-Estate gehou in samewerking met Nikki Visser en al die gasvroue van Leefstyl-portefeulje. Die verrigtinge was by hierdie pragtige […]
Kerse skep ‘n rustige atmosfeer
Sirkel: Kalahari Tak: Vryburg Studierigting: Kunste en Handvlyt Beriggewer: Nellie Viljoen Datum: 21 September 2022 Kerse bring vreugde en skep ‘n rustige atmosfeer. Nonnie Scheepers inspireer en motiveer lede van Vryburg VLV om kerse te gebruik gedurende beurtkrag. ‘n Kersie in ‘n wynglas met ‘n papierskerm is ideaal om die regte atmosfeer aan die […]
Goodwood kuier Oppistoep
Sirkel: Tygerberg Tak: Goodwood Portefeulje: Opvoeding en Kultuur Beriggewer: Alet Colyn Datum: 20 September 2022 Lyntjie Jaars van Oppistoep – faam was die spreker. Sy het ons eintlik “vermaak” met al haar interessante stories, en die manier waarop sy dinge vertel, het ons laat skater. Staaltjies uit haar eie lewe het aan die oggend baie kleur […]
Voordele van Spekbome
Sirkel: Griekwaland Wes Tak: Griekwastad Studierigting: Landbou en Tuinbou Beriggewer: Ruby Kriel Datum: Oktober 2022 Griekwastad VLV het die inwoners van Huis Heldersig getrakteer op ‘n oggendtee met heerlike verversings. Voetspore van Hoop se kleuterskool het pragtig gesing vir die bejaardes. Ruby Kriel het die inwoners en personeel ingelig oor die voordele van […]
Byeboerdery is ‘n langtermyn projek
Sirkel: NOK Tak: Dordrecht Studierigting: Landbou & Tuinbou Beriggewer: Antoinette van Pletzen Datum: 21 September 2022 Op Woens 21 September het Frans van den Berg, afgetrede skoolhoof van Barkly-Oos, kom vertel van sy Bye-boerdery. Hy het eers van sy seun se interessante werk as Saturasie-duiker in die Midde-Ooste vertel. Daarna van die sementkorwe wat […]
Sirkel Weskus: Sirkelvergadering
Sirkel: Weskus Sirkelvergadering Moorreesburg Beriggewer: Maggie Enever Datum: 21/09/2022 Die dames van Sirkel Weskus se 14 takke het by Le Must Eatery op Moorreesburg byme-kaar gekom. Die langtafel vergadering is op die pragtige stoep gehou. ‘n Groot bederf was die fyn teetyd eetgoed en heerlike middagete met ‘n glasie wyn. Sirkel Weskus Bestuur […]
Kraaifontein besoek speelgoedmuseum
Sirkel: Tygerberg Tak: Kraaifontein Datum: 15 September 2022 Beriggewer: Ita van der Merwe Septembermaand is uitstappiemaand by Kraaifontein-tak. Hierdie jaar het ons na die Speelgoedmusuem in Stellenbosch gegaan. Die museum word gehuisves in die ou pastorie van die Rynse Kerk in die eeue tevore. Dit was ‘n aangename besoek aan die plek waar speelgoed en […]