Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Konferensie: Sirkel Paarl

Sirkel: Paarl Konferensie: Beriggewer: Gonny du Plessis Datum: 09 Maart 2023 Sirkel Paarl het die 70ste jaarlikse konferensie  gehou op Donderdag 9 Maart 2023 in die kerksaal van die NG kerk , Slot van die Paarl. Dit was ‘n interessante en suksesvolle oggend en is deur Wellingtontak, met voorsitter mev Juanita Loubser, aangebied. Na ‘n […]

Nuwe vaandel vir Griekwastad

Sirkel: Griekwaland Wes Sirkel: Griekwastad Beriggewer: Ruby Kriel Datum: 8 Maart 2023 VLV Griekwaland-Wes vier hul 90ste herdenking in Groblershoop. Herman Lensing  demonstreer die nuwe kinkel op Slaphakskeentjies en die dames kan proe daaraan. Herman Lensing en Ruby Kriel Griekwastad tak spog met ‘n splinternuwe vaandel. Die sillouette stel die vroue van VLV voor.  Die […]

Konferensie: Sirkel Weskus

Sirkel: Weskus 90ste Konferensie Beriggewer: Annette Gilham Datum: 7 & 8 Maart 2023 Op Dinsdag en Woensdag 7 & 8 Maart 2023, is Sirkel Weskus VLV se 90ste konferensie op Moorreesburg gehou. Aan die stuur van sake was Mev Elsabe Carstens, die nuwe Sirkel President. Hierdie was dan ook haar 1ste konferensie en ‘n vuurdoop […]

Konferensie: Sirkel Worcester

Sirkel: Worcester Konferensie Beriggewer: Zelda van Heerden Datum: 8 Maart 2023 Sirkel Worcester 90ste Konferensie gehou te Montagu. Sirkel Worcester het die 8ste Maart 2023 ‘n suksesvolle konferensie aangebied. Montagu tak was die gasvroutak. Sirkel Worcester is vanjaar 94 jaar oud en Montagu tak word 92 jaar oud. Die saal se versierings van die voorportaal, […]

Konferensie: Sirkel Cradock

Sirkel: Cradock Konferensie Beriggewer: Teresa Opperman Datum: 9 Maart 2023 Sirkel Cradock het die afgelope week (9 Maart) hul jaarlikse konferensie in Somerset-Oos gehou. Kookhuistak het as gasvroue opgetree. Lede van die vier aktiewe takke in die Sirkel het ywerig aan kompetisies deelgeneem, en Kookhuis VLV tak het as wenners uit die stryd getree met […]

How to make a memory book

Circle:  Tygerberg Branch:  De la Haye Portfolio: Arts and Crafts Reporter:  Elizabeth Joseph Date:  09 March 2023 Handcraft – Shabby Chic Memory Book Our 2nd meeting for 2023 was well attended by members and visitors alike. Marna de Kock showed us how to plan and make a memory book.  She brought of her books she has […]

Konferensie: Griekwaland-Wes

Sirkel: Griekwaland-Wes Konferensie 2023 Beriggewer: Jorietha Kirsten Datum: 8 Maart 2023 Die dekor vertel die storie van vroue wat aan die VLV behoort oor 90 jaar heen. Lede van die takke Griekwastad, Niekerkshoop, Olifantshoek en Postmasburg is verwelkom deur die gasvroutak Volop met dekor wat dateer uit die vorige eeu om die 90ste verjaardag van […]

My reis met kanker

Sirkel: Noord-Karoo Tak: Murraysburg Portefeulje: Gesondheid Datum: 8 Maart 2023 Beriggewer: Theresa Troskie   My reis met kanker:  Juanita Bellingan wat in Murraysburg-distrik boer, het na ongereelde maandstondes geweet dat sy ’n dokter moet besoek.  Sy het ’n familiegeskiedenis van kanker en is toe ook op 27-jarige ouderdom met borskanker gediagnoseer. Die kanker was aggressief […]

Oudtshoorn lede beplan leefstyl veranderinge

Sirkel: SWD Tak: Oudtshoorn Portefeulje: Gesondheid Beriggewer: Isabella Jansen vN Fotograaf: Valeria Terblanche en Lorraine Maritz Datum: 7 Maart 2023 Die VLV-tak Oudtshoorn het tydens die pas afgelope byeenkoms die VLVK-tema vir 2023, nl. “Die uitdaging van verandering” ter harte geneem, ook die twee gassprekers se praatjies het daarby aangesluit. Nadat die dieetkundige, Ricolette du […]

Dankie Suidpunt Horlosies

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 7 Maart 2023   Baie dankie Suidpunt Horlosies. Lonelda Taljaard (heel links onder) het die middernagkers gebrand om betyds al die tak-en kongrestrofeë wat die afgelope jaar aan #VLV Bredasdorptak uitgedeel is te graveer. Saam met haar op die foto is haar kollegas van #SuidpuntHorlosies.