Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Aberdeen VLV Kuier by Aalwynhof

  Tak: Aberdeen Portefeulje: Opvoeding & Kultuur Beriggewer: Lea van der Vyver Datum: 13 November 2024   Bejaardes maak saak: Aberdeen VLV Kuier by Aalwynhof   Die inwoners van Aalwynhof, die plaaslike ouetehuis, nooi hierdie jaar weer die VLV dames vir ‘n oggend van saamkuier.   Ons word vriendelik by die deur verwelkom en Padgie […]

Gesondheidsdienste op wiele vir Drakenstein

Sirkel: Paarl Tak: Paarl Aand Portefeulje: Gesondheid Beriggewer: Una Engelbrecht Gesondheidsdienste op wiele vir Drakenstein Dr. Rushaan Gaffoor is die kliniese bestuurder by Drakenstein-munisipaliteit. Behalwe bestuursverantwoordelikhede doen sy ook kliniese werk by ouetehuise, doen na-uurs forensiese werk met slagoffers van seksuele geweld en werk in die teater by Paarl-hospitaal. Tering, HIV, diabetes en geestesgesondheid is […]

Aberdeen leer die kuns van suurdeeg brood

Tak: Aberdeen Portefeulje: Opvoedkunde en Kultuur, Gesondheid en Leefstyl Beriggewer: Karin Pienaar Datum: 6 November 2024 Aberdeen leer die kuns van suurdeeg brood   Karen van Rensburg het die VLV uitgenooi om die laaste vergadering vir die jaar by haar nuut ingerigte gastehuis te kom hou. Vanaf die voordeur tot agter in die tuin is elke […]

GANSBAAI EINDIG 2024 IN BLOMMELAND EN SPROKIESLAND

Sirkel:  Overberg Tak:  Gansbaai Portefeulje:  Potpourri Saamroepers:  Sharon Bales, Leonie Botha, Lanita Marais, Louisa de Wet, Ronel de Villiers en Marianna Mostert Beriggewer:  Marianna Mostert Datum:  5 Nov 2024   SO EINDIG 2024 MET ‘N KAAPSE DRAAI IN BLOMMELAND EN SPROKIESLAND     Ja, nog ‘n jaar is snel verby. Ons by VLV Gansbaai was […]

VOËLVLEI SLUIT DIE JAAR VROLIK AF

Sirkel: SWD Tak: Voëlvlei Beriggewer: Hannetjie Cordier Datum: 29 Oktober 2024 VOËLVLEI-TAK SLUIT DIE JAAR VROLIK AF Op ‘n reënerige oggend het die lede van die Voëlvlei-tak die jaar met ‘n heerlike kuier by die pragtige Bon Game Privaat Wildreservaat op die oewer van die Gouritsrivier afgesluit. Elize Locke, uittredende voorsitter, het die lede verwelkom en […]

SWD-Sirkelpresident besoek takke

SWD SIRKELNUUS September en Oktober 2024 Verslaggewer, Lydie Terblanche   SWD-Sirkelpresident besoek takke   SWD-president, Elize Locke, het soos gewoonlik rondgereis, takke besoek en geleenthede ondersteun. 12 September: by Blanco wat ons kultuur tydens Erfenismaand gevier het. Verskillende kulture en groepe het op hierdie dag hul kos- erfenis gedeel. Elke kultuur het hul eie tradisionele […]

Mooiste mooiste maand vir Kleinbrakkies

Tak: Klein-Brakrivier Sirkel: SWD Portefeulje: Potpourri Beriggewer: Lydie Terblanche   DIT IS DIE MAAND OKTOBER. DIE MOOISTE, MOOISTE MAAND.   Van die taklede (Franci, Susanne, Deville, Eva & Karin), woon Eden-tak se metal embossing werkwinkel in Sedgefield by. Die lewe na aftrede, ‘n praatjie deur Annelise de Jager wat aan taklede belangrike inligting verskaf.   Die takprojek, Santa […]

Arabierperde van Juzel Familie Trust Stoet Graaff-Reinet

Sirkel:   Middelland Tak:  Graaff-Reinet Portefeulje: Land- en Tuinbou Saamroeper: Maxie v Aswegen Beriggewer: Hanfi Neuhoff Datum verg: 25 Okt 2024      Arabierperde van Juzel Familie Trust Stoet te Melrose Graaff-Reinet:   Johan en Hanfi Neuhoff, met hulp van werkers Morné Ndoni en Zolile Wibooi, vertoon hul Arabierperd stoetmerries aan die lede. Hanfi vertel: Die Arabierperd kan 3 500 jaar terug […]

Voorsittersaflosstokkie oorgegee by Strand

Sirkel: Paarl Tak: Strand Portefeulje: Opvoeding en Kultuur Beriggewer: Erna de Waal Datum: 22 Oktober 2024   VAN JEUG TOT OUDERDOM, VAN DIE OUE TOT DIE NUWE Dis ‘n pragtige lente oggend in die mooiste, mooiste maand en die afwagting en opgewondenheid is duidelik voelbaar waar die VLV-lede van Strand Tak vergader vir hul voorlaaste […]

St Helenabaai draai by Riebeek-Kasteel se fraai!

Sirkel: Weskus Tak: St Helenabaai Portefeulje: Landbou Beriggewer: Wilna Marx Fotograaf: Elmarie Visser Datum: 22 Oktober 2024 St Helenabaai gaan maak ‘n draai by Riebeek-Kasteel se fraai! Soos goud breek die son oor ons baai waar ons vyf en veertig dames die luukse bus bestyg vir ons uitstappie na Riebeek-Kasteel. Met ‘n heerlike ontbytboksie op […]