Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

KLEIN-BRAKRIVIER SKOP 2025 KLEURVOL AF

Tak: Klein-Brakrivier Sirkel: SWD Beriggewer: Retha Nagel Datum van vergadering: 28 Januarie 2025   KLEIN-BRAKRIVIER SKOP 2025 KLEURVOL AF Ten spyte van ‘n vaal grys reëndag, het die Kleinbrakkies die jaar se eerste byeenkoms op Dinsdag, 28 Januarie kleurvol meegemaak. Ons kleurvolle landsvlag met gekleurde ballonne het ons reënboognasie uitgebeeld saam met die bestuurslede wie as gasvrouens opgetree […]

“Kleur jou lewe!” Kuruman-weergawe

Sirkel: Kalahari Tak: Kuruman Portefeulje: Opvoeding & Kultuur Saamroeper: Karin van der Walt Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger Datum van vergadering: 23 Januarie 2025   “Kleur jou lewe!” Kuruman-weergawe   Program vir die dag   Lede van die Opvoeding & Kultuur-groep, vlnr: Janet West (Taktesourier), Rita le Roux en Karin van der Walt (Saamroeper), Joey Botha. […]

KURUMAN ONTHOU JOEKS MYBURGH

Sirkel: Kalahari Tak: Kuruman Portefeulje: In Memoriam Saamroeper: Karin van der Walt Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger Datum van vergadering: 23 Januarie 2025     KURUMAN ONTHOU JOEKS MYBURGH   Joeks Myburgh   VLV Kuruman-tak se oudste lid (92 jaar en 11 maande), Joeks Myburgh, is op Dinsdag 14 Januarie 2025 oorlede. Sy het reeds in […]

VRYBURG SIT BESTE VOETJIE VOOR

SIRKEL: KALAHARI TAK: VRYBURG TEMA: GESONDHEID SAAMROEPER: CARIEN VAN NIEKERK BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN DATUM: 22 JANUARIE 2025   VRYBURG SIT BESTE VOETJIE VOOR   Vryburg VLV fokus op gesondheid. Amanda Dupper, plaaslike apteker, gesels oor die belangrikheid van vervaldatums van medisyne en ander mediese verbruikersitems. Die datum is die vervaardiger se waarborg van die produk se doeltreffenheid. Dit […]

GOEIEMÔRE! U IS INGESKAKEL BY RADIO VLV STRAND

Sirkel: Paarl Tak: Strand Portefeulje: Potpourri Saamroeper: Mariaan Herbert Beriggewer: Erna de Waal Datum van vergadering: 21 Januarie 2025   GOEIEMÔRE! U IS INGESKAKEL BY RADIO VLV STRAND. “Goeiemôre. Dit is Dinsdagoggend, 21 Januarie 2025 half 10. U is ingeskakel op RADIO VLV STRAND. Ek is Mariaan Herbert en ons saai vanoggend uit vanaf die saal van die […]

Boom en voël van die jaar

Sirkel: SWD Tak: Sedgefield Portefeulje: Landbou en Tuinbou & Opvoeding en Kultuur Saamroeper: Miemie De Lange Beriggewer: Carin Van Niekerk Datum van vergadering: 15 Januarie 2025   Ereveldwagter leer Sedgefiled VLV meer van die boom en voël van die jaar   Die Sedgefield VLV-tak se eerste vergadering op Woensdag 15 Januarie was hoofsaaklik ‘n inligtingsvergadering waar Lynne McEwan, ereveldwagter van SANParke se […]

“Help, die kleinkinders kom kuier!”

Sirkel: Weskus Tak: Graafwater Portefeulje: Opvoeding en Kultuur Saamroeper: Marina Visser Beriggewer: Marina Visser Datum: 14 Januarie 2025 “Help, die kleinkinders kom kuier!” Of dit nou gereeld is of dalk net vir ‘n Desember-vakansie, iewers kry ons met kinders te doen wat ons moet besig hou. Marina het vir ons ‘n paar idees gegee: Bak en […]

Hermanus-tak verkies nuwe bestuur

  Sirkel: Overberg Tak: Hermanus Portefeulje: Bestuurspan Beriggewer: Mariëtte Steyn     Hermanus-tak verkies nuwe bestuur Tydens ons onlangse verkiesing is die nuwe bestuur verkies. Sterkte aan elkeen vir die nuwe jaar se uitdagings   Hermanus VLV se nuwe bestuurspan is onlangs verkies. VLNR: Ria Briers (Leefstyl), Marlene Swart (Kunste en Handvlyt), Berta Koekemoer (Opvoeding […]

KALAHARI EREPRESIDENT OORLEDE

SIRKEL: KALAHARI TAK: VRYBURG TEMA: MARGARET HARVEY BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN  DATUM: 21 DESEMBER 2024 KALAHARI EREPRESIDENT OORLEDE   Margaretha Malherbe gebore op 14 Oktober 1926 in Makwassie en tree in die huwelik met Will Harvey, ‘n boer van Piet Plessis. Sy was stigterslid van Thlakgameng VLV in 1959 en vanaf 1972 lid van Piet Plessis waar sy dien […]

Ivy bring vreugde

Tak: Klein-Brakrivier Sirkel: SWD Datum: Desember 2024 Beriggewer: Lydie Terblanche   Ivy bring vreugde 2025 se projek is ‘Bejaardes maak saak’, maar Klein-Brak onder leiding van voorsitter, Franci Raubenheimer, is reeds ‘n geruime tyd by die Groenkloof aftreeoord(e) in die omgewing betrokke. Van die geleenthede is besoeke aan Groenkloof self, kuier-uitstappies met tee en koek en […]