Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Bredasdorp berei voor vir 2023

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Studierigting: Leefstyl en Kunste&Handvlyt Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 26 November 2022   Bredasdorp herinner hul lede aan die kompetisies vir 2023.

VLV Bredasdorp Tak hoogtepunte vir 2022

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Portefeulje: Leefstyl Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 1 November 2022 Marie Spamer  het Dinsdag haar 65jaar kenteken van VLV Bredasdorp se uittredende voorsitter, Annette van Eeden, by die tak se afsluitingsfunksie ontvang. Madelé Burger, taktesourier, ontvang handevol trofees van die Sirkelpresident, Rienie Ludick, met die jaarafsluiting wat die vorm van ‘n keurige […]

Basuinfees op Elim

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Portefeulje: Kunste en Handvlyt Berriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 23 Oktober 2022   Volksmusiek in aksie op Elim in die Overberg: Met die algemene vergadering van 4 Oktober vanjaar het Neels Boonzaaier die tak ingelig oor volksmusiek.  Elim se basuinfees is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. 38 basuinorkeste, 8 dirigente (waarvan 1 uit […]

Bredasdorp bespreek Sorbellosteek

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Studierigting: Leefstyl Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 4 Oktober 2022   Sorbellosteek is vernoem na ‘n dorpie in Napels.  Dit is maar telwerk wat jy op ewedraad tel en waar jou inslagdrade eweredig is. Vryehand – Marie Spamer se klokkestrook in Sorbello-steek van Waenhuiskrans se huise is uitgestal as voorbeeld hiervan.  Borduurwerk vat […]

Bredasdorp VLV deel van Landbouskou

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Studierigting: Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 14 September 2022   Bredasdorp se VLV-tak was integraal deel van Nampo Kaap 2022 se Landbouskou wat van 14 tot 17 September 2022 op die plaaslike skouterrein, Bredasdorppark, aangebied is. Mediapersoonlikhede Sandra Nolte -redaktrise van Huis & Haard en Letty-Ann Möller – Kongresmediaverteenwoordiger van die VLV […]

Koopmans-de Wet Huis

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Portefeulje: Opvoeding & Kultuur Beriggewer: Letty Ann Möller Datum: 4 Augustus 2022   Ons weet van die Koopmans-de Wet huis in Strandstraat, Kaapstad, maar wie was Marie? Ek het gaan google… “Marie Koopmans-de Wet was ‘n formidabele vrou. Sy was lid van die hoofbestuur van die Suid-Afrikaanse Taalbond en het ook […]

Velsorg en goeie eetgewoontes

Sirkel:  Overberg Tak: Bredasdorp Studierigting: Gesondheid Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 2 Augustus 2022   “Ons kan nie genoeg dankie sê dat Covid uiteindelik die wyk geneem het nie. Dit was ‘n moeilike tyd. Dit was moeilik gewees vir ons in die beroep en ons is elke dag dankbaar om sonder maskers te gaan werk.” Met […]

Sop en soetes

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Studierigting: Leefstyl Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 22 Julie 2022 Die aand het seepglad verloop. Van toesprake was daar geen sprake nie, bloot ‘n spontane verwelkoming, vierkantige tafels met óf swart óf wit damask tafeldoeke, minimum tafelversierings ( 7 oorgetrekte kongrestennisblikke soos reuse ‘pick-up-sticks’) as middelpunt op elke 10-sitplek tafel en bont […]

Mandeladag: Bredasdorp se 67 minute

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Studierigting: Openbare Sake Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 18 Julie 2022 Suideroord het ons tak genader om hulle ingangsportaal op te kikker en dis presies wat ons op Mandeladag met ons 67 minute gedoen het! Bedrukte materiaalmonsters is aan die Suideroordbestuur voorgelê…ja, hulle kon kies hóé die kussings, lopers en gordynkap moet […]

Ankole-bul inspireer ontwerper

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: !8 Junie 2022 Op 18 Junie 2022 berig Landbou.com ‘n Ankole-bul behaal R1,65 miljoen op veiling Die Ankole-bul Cumulus NANK 10-120 het die hoogste prys van R1 650 000,00 op die nasionale Ankole-veiling naby Bela-Bela in Limpopo behaal. Die verkoper, mnr. Daniel Naudé, is van Yonder Hill […]