Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Kimberley & distrik sirkel

Tak: Tadcaster

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Saamroeper: Suritha Pretorius

Beriggewer: Janine Payne

Datum: 9 April 2025

Van Plaagbeheer tot Plantvoeding – Praktiese Protek Wenke

Ons VLV-dames is bederf met ’n insiggewende sessie toe Protek by ons kom kuier het. Hierdie betroubare handelsnaam staan bekend vir hul kwaliteit produkte wat tuiniers en boere help om hul plante, grasperke en oeste gesond te hou.

Daar is gesels oor die belangrikheid van gesonde grond as basis vir ’n sterk plant. Wanneer grond die regte voedingstowwe bevat, kan plante makliker hul nutriënte opneem en beter groei. So word ’n gesonde siklus van voeding en beskerming gevestig.

Interessant was hoe die gesprek van goggas tot gras gevloei het. Ons het gehoor hoe insekdoders die klein kalantjies weghou wat blare beskadig, sodat die plant sy energie in groei en blom kan sit. Net so maak onkruiddoders plek vir wat werklik saak maak: as die onkruid verwyder word, kry groente en blomme die spasie en lig wat hulle verdien.

Verder het ons sommer eerstehands gesien hoe plaagbeheer as ’n breër beskermingslaag dien, en hoe plantvoeding jou hele tuin ’n hupstoot kan gee — van voller blomme tot sterker groenteplante.

Ons lede het huis toe gegaan met ’n sak vol nuwe kennis en praktiese wenke, asook ’n bederfie van Protek se produkte – en sommer ook die lus om hul eie tuine met nuwe oë en nuwe idees aan te pak

Rosa Froneman (Vise-voorsitter & Landbou Saamroeper), Jaco du Toit (spreker)

Protek produkuistalling

Protek geskenkpakkie

Vetplant tafelversiering