Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Portefeulje: Openbare Sake

Saamroeper: Theresa Swart

Beriggewer: Jakkie van Zyl

Datum: 11 Junie 2025

Mnr. Frans Lotz, ‘n plaaslike prokureur, gee ons vir ons volledige inligting oor wat ons alles moet weet i.v.m. ‘n koopkontrak.

Goeie regsadvies is nodig, moenie net ‘n vorm van die internet aftrek en gebruik nie. 

Dinge wat jy vooraf moet vasstel:

  • Behoort die eiendom wettig aan die verkoper
  • Is BTW van toepassing
  • Prokureurskoste
  • Verbandkoste
  • Wie gaan die oordrag betaal
  • Terme van betaling moet voor die tyd bepaal word
  • Voetstootskontrak – weet jy wat die probleme is
  • Munisipale rekening – die eienaar moet dit betaal voordat die nuwe eienaar intrek.

Marinda van Reeuwyk lewer vir ons ‘n demonstrasie van hoe ons brooddeeg op ander innoverende maniere kan gebruik. Haar geheim is die gebruik van brouersgis. Sy knie 5 minute en laat rys die deeg vir 15 minute. Herhaal die proses, dan sal jy merk dat die deeg se tekstuur heeltemal verander. Hierna rys die deeg vir nog ‘n uur en dan is dit oond toe.

Eerder laat as nooit

Graag spog ons ook met ons uitstaande eerste plek wenner by die jaarlikse konferensie te Augrabies.

Tamatiekonfyt – 100%. Linette van Eeden

Frans Lotz

Marinda van Reeuwyk

Linette van Eeden saam met Landi de Beer.