Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Paarl

Tak: Paarl Aand

Portefeulje: Kuns en Handvlyt

Beriggewer: Una Engelbrecht

Datum: 17 April 2025

Johan Malherbe, argitek van die Paarl, praat oor die voorkoms van plase in die Paarlse hoofdorp. Hy is passievol daaroor dat die kultuurerfenis van die Boland delikaat bewaar moet word. Tans is hy by die restourasie van die Hugenote-gedenkskool op Augusta Kleinbosch in Daljosaphat betrokke. SA het in 2000 goeie erfeniswetgewing gekry – die reëls en regulasies het die ou plase goed gedoen. Babylonstoren is ‘n goeie voorbeeld van ‘n ou plaaswerf wat gekombineer word met ‘n nuwe plaaswerf om ‘n werkende plaas as eindresultaat tot stand te bring.

Die ou plase in die dorp Paarl was nie groot nie; dit was meesal proviandstasies. Met stedelike uitbreiding het grond minder geraak en so is die meeste landbougrond van die Paarlse dorpsplase reeds deur ontwikkeling ingesluk en het die kulturele landskap van die Wynlande onherroeplik verander.

Laborie is een van die min dorpsplase wat oor is, alhoewel 70% van hul inkomste nie uit landbou verkry word nie.

Erfeniswerk word gekortwiek deur ‘n skaarste aan materiale en vakkundiges. Individue moet hul eie erfenis beskerm, waarde deur bewaring toevoeg. Ruimtelike beplanning is noodsaaklik hiervoor.

V.l.n.r. Marinda Rall, Petro Boshoff, Johan Malherbe (spreker), Hetta v.d. Merwe (saamroeper)

Babylonstoren Foto: babylonstoren.com

Die dorp Paarl vanaf die plaas Laborie Foto: laborieestate.co.za