Aberdeen leer van kameras en verkiesing
Tak: Aberdeen Portefeulje: Openbare Sake Beriggewer: Christelle Nel Datum: 6 Maart 2024 Kameras maak ‘n verskil & wees Verkiesingsparaat! Tydens Aberdeen se Maart-vergadering, het Saamroeper vir Openbare Sake, Suzanne Lategan, twee baie relevante sprekers genooi. Dickie Ogilvie praat oor die werking van Agri Kameras in Landelike Gebiede. Dit is duidelik dat die kameras baie […]
Graafwater presteer tydens Konferensie
Sirkel: Weskus Tak: Graafwater Beriggewer: Marina Visser Datum: 6 Maart 2024 Graafwater presteer tydens Konferensie Op 6 Maart 2024 kuier van Graafwater VLV se dames heerlik saam met Piketberg en ander VLV-takke van Sirkel Weskus. Ons luister na alle interessanthede genoem deur die sprekers, waardeer alle mooi wat ons sien en eet heerlik. […]
Konferensie laat Hartenbos oor aan rymelary
Sirkel: SWD Tak: Hartenbos Portefeulje: Kuns en Handvlyt Saamroeper: Annemie Erasmus Beriggewer: Wilma van Staden Datum: 6 Maart 2024 Konferensie bied ‘n geleentheid vir rymelary Vyf lede van VLV Hartenbos het op 6 Maart 2024 die SWD konferensie bygewoon. Die versierings, eetgoed en heerlike geselskap was vir elkeen ‘n wonderlike atmosfeer wat bygedra het […]
SWD-sirkel vier hul 90 jaar in styl
Sirkel: Sirkel SWD Datum: 6 Maart 2024 Beriggewer: Lydie Terblanche In gepaste VLV-tradisie het Elize Locke, Sirkel-President van SWD, die Konferensie ingelei. Daar was 7 sirkelbestuurslede, 30 afgevaardigdes, 29 dagbesoekers en 3 ere-gaste teenwoordig wat almal spesiaal verwelkom is: Oud-sirkelbestuurslede: Johlene Muller (Voëlvlei), vorige sirkelpresident van SWD en VLVK-beoordelaar; Ria Muller […]
Klein-Brakrivier net eenvoudig ‘die beste’ in SWD
Sirkel: SWD Tak: Klein-Brakrivier Datum: 6 Maart 2024 Beriggewer: Lydie Terblanche Die “Simply the Best”-trofeë vir die beste VLV-tak in SWD is hierdie jaar weer aan Klein-Brakrivier toegeken. Elize Locke, SWD Sirkel-President het tydens die SWD konferensie op 6 Maart 2024, die toekenning gemotiveer deur na hulle aktiwiteite in 2023 te verwys. Lede van […]
Waar kom Oudtshoorn se Konferensie-inskrywings vandaan?
Sirkel: SWD Tak: Oudtshoorn Portefeulje: Kunste & Handvlyt en Leefstyl Samesteller van berig: Isabella Jansen vN Fotograwe: Petro Doman, Trienie Barnard, Isabella Jansen vN Datum: 6 Maart 2024 Oudtshoorn-VLV by die SWD Sirkelkonferensie in Vleesbaai Die storie agter die storie van die VLV Oudtshoorn-tak se inskrywings vir die SWD Sirkel- en VLVK-kompetisie vir Leefstyl en Kunste […]
Slot-van-die-Paarl leer meer van grootmaat-naaldwerk
Sirkel: Paarl Tak: Slot-van-die-Paarl Portefeulje: Leefstyl – Naaldwerk Saamroeper: Marietjie Lombard Beriggewer: Annalise Loubser Datum: 5 Maart 2024 Slot-van-die-Paarl leer meer van grootmaatnaaldwerk Naaldwerkkomitee Annalise Loubser, Nettie Marais en Marietjie Lombard saam met spreker, Janette Hilton-Gericke Janette Hilton-Gericke het meer kom vertel van Genuine Connection […]
Kuruman leer kouse breiweef
Sirkel: Kalahari Tak: Kuruman Portefeulje: Leefstyl Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger Datum: 28 Februarie 2024 Maryke Strydom het deur middel van ‘n demonstrasie verduidelik hoe om kouse met ‘n breiweefraam te breiweef (“loom knitting”). Maryke Strydom met ‘n kous wat gebreiweef is met baie bonkige (“Seriously Chunky”) wol. In Suid-Afrika kry ons […]
Kuruman-boemelaars rym oor Jan Taks
Sirkel: Kalahari Tak: Kuruman Portefeulje: Openbare Sake Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger Datum: 28 Februarie 2024 Elien Menge (Saamroeper: Openbare Sake) wat die vergadering aangebied het. Die dekor het gepaste idiome uitgebeeld, soos “om jou geld in die water te gooi” en “geld groei nie aan bome nie”. Lede kon op die dag […]
VRYBURG: WBPV en jeugprojek
SIRKEL: KALAHARI TAK: VRYBURG DATUM: 28 FEBRUARIE 2024 TEMA: OPENBARE SAKE AANBIEDER: GRISELDA PRETORIUS BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN Vryburg VLV ontvang besoek van Snoekie Erasmus, Sirkelpresident van Kimberley en distrikte, en Suritha Pretorius van Tadcaster VLV. Snoekie gesels oor die werksaamhede van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue, ‘n organisasie met meer as 9 miljoen lede in 84 […]