Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

So maak jy ‘n rykmanskatkop

Sirkel: Noord-Karoo Tak: Murraysburg Portefeulje: Kunste & Kultuur, Gesondheid, Openbare Sake en Leefstyl Datum: 2 Augustus  2023 Beriggewer: Theresa Troskie Voorlesing: Alna Theron doen ’n prettige voorlesing geskryf deur Kristel Loots uit die Rooi Rose:  Eerbare vrou bak en brou:  ’n stadsmeisie word boervrou/skoondogter en sluit by die VLV aan.  Sy besef sy sal by […]

Murraysburg leer van sementbakke en voedselkouse

Sirkel: Noord-Karoo Tak: Murraysburg Portefeulje: Leefstyl, Kunste en Handvlyt Beriggewer: Theresa Troskie Datum: 14 Junie  2023   Wilna Pienaar demonstreer die maak van ’n sement-voëlbadjie. Hierdie artikel  is uiters maklik om te maak en dis baie bevredigend om jou handewerk agterna in jou tuin te gebruik. STAP 1:  Maak ’n holte in die grond, so […]

Leef lig en gelukkig

Sirkel: Noord-Karoo Tak: Murraysburg Portefeulje: Opvoeding En Kultuur Datum: 17 Mei 2023 Beriggewer: Theresa Troskie   Haal asem en blydskap: Ons luister na ’n gesprek tussen Amore Bekker (RSG) en Johannes de Villiers: Emosies is aansteeklik. Waarvoor is jy vandag dankbaar?  As jy op dankbaarheid ingestel is, sien jy sommer baie meer positiewe rondom jou […]

Lugbraaiers en waaierbraaiers

Sirkel: Noord-Karoo Tak: Murraysburg Portefeulje: Leefstyl Datum: 12 April 2023 Beriggewer: Theresa Troskie Lugbraaier of Waaierbraaier of Airfryer.    Wat is dit?  Dit is ’n kombuistoestel wat kos d.m.v. warmlugsirkulasie gaarmaak.  Hulle is tegnies ontwerp om die voordele van die konvensionele diepbraaier en die konveksie-oond te kombineer.  Dit werk met ’n meganiese waaier wat warm […]

My reis met kanker

Sirkel: Noord-Karoo Tak: Murraysburg Portefeulje: Gesondheid Datum: 8 Maart 2023 Beriggewer: Theresa Troskie   My reis met kanker:  Juanita Bellingan wat in Murraysburg-distrik boer, het na ongereelde maandstondes geweet dat sy ’n dokter moet besoek.  Sy het ’n familiegeskiedenis van kanker en is toe ook op 27-jarige ouderdom met borskanker gediagnoseer. Die kanker was aggressief […]

Murraysburg se 90 ste Verjaarsdagviering

Sirkel: Noord-Karoo Tak: Murraysburg Portefeulje: Opvoeding & Kultuur Datum: 19 November 2022 Beriggewer: Theresa Troskie   Murraysburg se 90ste verjaarsdagviering was voorwaar ’n feestelike geleentheid! Renée Swanepoel het ’n heildronk op ons tak ingestel met die woorde van Jaco van den Berg, voorsitter van Murraysburg Distrikslandbouvereniging:  “Die Murraysburg Landbouvereniging wil van hierdie geleentheid gebruik maak […]

So kweek en versorg jy rose en orgideë

Sirkel:  Noord-Karoo Tak:  Murraysburg Portefeulje:  Landbou En Tuinbou Datum:  12 Oktober 2022 Beriggewer:  Theresa Troskie   Orgideë:  Elana  Grobler, Murraysburg se saamroeper van Landbou en Tuinbou vertel dat daar 28 000 verskillende orgideëspesies in die wêreld voorkom, waarvan die Kaapse Disa een is.  90% groei op die grond en die res in bome. Elana wys voorbeelde […]

Damesoggend vir huishulpe

Sirkel: Noord-Karoo Tak: Murraysburg Portefeulje: Al 6 Studierigtings Datum: 14 Sepember 2022 Beriggewer: Theresa Troskie   Murraysburg het ouder gewoonte weer op 14 September hul jaarlikse Damesoggend aangebied.  Die nege en vyftig gaste wat opgedaag het, het alle verwagtinge oortref!  Nege VLV lede was teenwoordig en het die program behartig. Renée Swanepoel, voorsitter, open met […]

Murraysburg hou interessante vergadering

Sirkel:  Noord-Karoo Tak:  Murraysburg Datum:  14 September 2022 Beriggewer:  Theresa Troskie   Blokraaisel e.a.:  Renée Swanepoel wat onlangs die naaswenner van die blokkiesraaiselprogram op TV kanaal 147 (VIA) was, deel haar ervarings met ons. Die opnames het in die Naspersgebou in Kaapstad plaasgevind. Die kleure en patrone op die deelnemers se klere, is eers goedgekeur […]

Hugo en sy gidshond besoek Murraysburg

Sirkel: Noord-Karoo Tak: Murraysburg Portefeulje: Gesondheid Datum: 10 Augustus 2022 Beriggewer:  Theresa Troskie Hugo Barendse is al vanaf geboorte siggestremd.  Ten spyte daarvan dat hy blind in een oog was en slegs 15% sig in sy ander oog het, was hy tot in Gr. 9 in ’n hoofstroom skool.  Sy tweelingboetie en sy ma het […]