Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Gesonde Mond Gesonde Liggaam en Balans

  Sirkel:  Overberg Tak: Bredasdorp Portefeulje:  Gesondheid Beriggewer:  Letty-Ann Möller Datum: 3 September 2024 Gesonde Mond Gesonde Liggaam en Balans “Thank-you VLV team for organizing such impactful speakers. I really enjoyed the afternoon. Well done everyone.” Die saamroeper, Annatjie de Beer, is geloof vir haar suksesvolle vergadering. Die teikengroep is beslis suksesvol bereik. Dit was ‘n […]

Sop & Soetes op Bredasdorp

      Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Saamroeper: Takbestuur Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 11 Julie 2024   Sop & Soetes op Bredasdorp “Dit was nou zehr angenahm gewees. Jul VLV mag maar Soetes en Soppe!” Hierdie terugvoer is een van vele. Die Sop & Soetes aand van VLV Bredasdorp op ‘n nat aand in ‘n volgepakte […]

Bredasdorp klink glasie op suksesvolle Leefstylvergadering

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Saamroeper: Elsette Strachan Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 4 Junie 2024 Bredasdorp klink glasie op suksesvolle Leefstylvergadering “Creativity is allowing oneself to make mistakes. Art is knowing which ones to keep.” – Scott Adams. Elsette Strachan, Leefstylsaamroeper, en die raakvat vroue in haar groep het op Dinsdag 4 Junie 2024,’n algemene takvergadering ‘par excellence’ aangebied. […]

“Arts & Crafts & Well-being” at Bredasdorp

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Saamroeper: Chantelle Smith Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 7 Mei 2024 “Arts & Crafts & Well-being” at Bredasdorp VLV Bredasdorptak Dinsdagmiddag, 7 Mei 2024, ‘n Evaluasie van die taklede se siening oor die takbedrywighede in die vorm van vraelyste wat deur bestuurslid, Elsette Strachan uitgedeel is, wat deur lede voltooi is en […]

Flikvlooi: ‘To Flirt Lovingly’

Sirkel:Overberg Tak: Bredasdorp Portefeulje: Potpourri Saamroeper: Annatjie de Beer Beriggewer: Letty-Ann Möller Flikvlooi: ‘To Flirt Lovingly’ Om op 29 April vanjaar ‘n handvol stappers by mekaar te trek is haas onmoontlik want dis naweek en op Bredasdorp mik almal Struisbaai toe.  See toe.  Met die gevolg dat  toe daar ‘n versoek opduik dat ons die Woensdag […]

Bredasdorp Skilder Spiritueel

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Saamroeper: Marina Blight Beriggewer: Letty-Ann Möller Bredasdorp Skilder Spiritueel   Skilderwerkswinkel met aanbieder Marina Blight voor in die middel in gesprek met Anna-Marie Groenewald. In Kreupelhoutstraat is Vrydag, 26 April 2024, op wit velle geskilder. Vier primêre kleure in ‘n legio skakerings vermeng, dan met kwistige kwashale plat daarop vee. Beplan […]

Bredasdorp leer van Skaapskeer

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Studierigting: Landbou en Tuinbou Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 6 Februarie 2024 Gasspreker Pierre Vlok, gebore op Sutherland waar hy met sy klasmaat getroud is, 30 jaar ‘n weermagoffisier, 40 jaar betrokke in die wolbedryf, 14 jaar self geboer en die afgelope 20 jaar is hy Streekbestuurder Wol by BKB.     […]

Bredasdorp: 2023 ‘n Jaar van Verandering

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 20 November 2023 Bredasdorp: 2023 ‘n Jaar van Verandering 2023 se Bestuurslede van VLV Bredasdorptak] Hierdie afgelope jaar was voorwaar ‘n jaar van verandering. Alle trofees is uitgedeel eers nadat ons tak dit laat graveer het. By elke byeenkoms is die vraag gevra, “Wie bring jy saam […]

Bredasdorp leer ‘Assess and Invest’

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Studierigting: Gesondheid Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 5 September 2023 Selfsorg; ‘Assess and Invest’ VLV Bredasdorp tak het die oggend van 5 September 2023 met ‘n goeie gesindheid die lesings oor goeie gesondheid tegemoet geloop.  Ons is verwelkom met kleurvolle teetafels elkeen met ‘n reuse kroonprotea  aan een smal sy van die […]

Bredasdorp terugvoer 2023 VLVK Kongres

Sirkel: Overberg Tak: Bredasdorp Kongres 2023 Beriggewer: Letty-Ann Möller Datum: 17 Augustus 2023 Goeie kommunikasie. Die Leefstyl Koördineerder, Isabel Wilken van Somerset-Oos, spreek haar dankbaarheid teenoor lede uit wat met vrymoedigheid vrae vra en voeg by: “Ek wil julle aanmoedig, moenie julle vrymoedigheid verloor nie, dis al manier waarop ons ‘n verhouding met mekaar kan […]