Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 2 Julie 2025
Tydens die Boerevereniging se Kuddedag op 5 Junie 2025, bied Aberdeen VLV ‘n kosstalletjie ten bate van Aalwynhof Ouetehuis aan.
Danksy ywerige VLV-lede se skenkings en harde werk, is die dag ‘n reuse sukses en is daar R6100 wins gemaak.
Daarvan is R5500 aan Aalwynhof oorbetaal en die res gebruik om ‘n elektriese diepbraaier (chip fryer) aan te koop.
Na ‘n deeglike soektog vir die geskikte model, is besluit om ‘n dubbele 6L diepbraaier, wat kommersieel gebruik word, aan te koop. Verdere skenkings maak dit moontlik en bring die VLV se totale skenking aan Aalwynhof op R7000 te staan.
Voorsitter Lea van der Vyver en Leefstyl Saamroeper Lize de Jager, wat ook op Aalwynhof bestuur dien, oorhandig die diepbraaier op 2 Julie 2025 aan Aalwynhof. Aalwynhof Bestuurder Debbie Barnardt en Kombuis Matrone Karin van den Heever ontvang dit met dankbare harte, terwyl die ander kombuispersoneel opgewonde toekyk.
Die projek wat met soveel dankbaarheid ontvang is, bewys net weer wat spanwerk en diensbaarheid kan vermag. Nie net is Aalwynhof geseën nie, maar ook elke VLV lid wat op watter manier ook al bygedra het.

vlnr Karin van den Heever (Kombuis Matrone), Lea van der Vyver (VLV Voorsitter), Ebigale Roman en Debbie Barnardt (Aalwynhof Bestuurder) by die dubbele diepbraaier.