Ladismith pryk in tydskrif!
SIRKEL: SWD
TAK: Ladismith
PORTEFEULJE: Leefstyl
SAAMROEPER: Lorraine Mathewson
BERIGGEWER: Lorraine Mathewson
Ladismith se VLV dames het in die Herfs/Winter Landbou Boerekos tydskrif gepryk!

Lallie Botes die middelste dame, wat in September haar 90ste verjaarsdag vier, was op 2 November 1972 een van die stigterslede van ons dorp se tuisnywerheid. Links van haar is Melanie Van der Merwe en regs van haar is Zelde Coetzee.
Tydens ons Leefstyl kuier het die lede “mooi tafels” versier met items wat verskaf is deur die saamroeper, Lorraine Mathewson. Ek het vier mandjies met items verskaf om vier verskillende tafels te versier, nl Herfs, Lente, See en Plaas. Daar was ook blomme waaruit gekies kon word en kunsbenodighede.
Hierdie was ‘n ware pretmiddag wat deur almal geniet is.








