SIRKEL: KALAHARI
TAK: VRYBURG
TEMA: KOESTER ONS TAAL
BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN
DATUM: 7 MEI 2025
Vryburg VLV besef die belangrikheid van Moedertaalonderrig en het Haasbekkies, sentrum vir vroeë kinderontwikkeling besoek. Carien van Niekerk lees ‘n storie voor, leer die kinders rympies en almal sing saam. Elke kind ontvang ‘n mus met handskoene vir die winter wat deur ywerige lede gebrei is.

Carien van Niekerk leer hulle Afrikaanse rympies

Kinders met hul musse en handskoene