Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: KALAHARI

Tak: VRYBURG

Portefeulje: KONFERENSIE

Sameroeper: SIRKEL KALAHARI

Beriggewer: CARIEN VAN NIEKERK

Datum van vergadering: 20 APRIL 2026

VRYBURG HAAL DIE VOORBLAD NA PRESTASIES OP KONFERENSIE

Op die 93ste Konferensie van Sirkel Kalahari wat gehou is in Maart te Kuruman het Vryburg regtig goed gedoen. Ons kom algeheel tweede en skryf 52 artikels in en behaal 8 1ste plekke, 9 2de plekke en 7 3de plekke. Ook wen Vryburg Takreaksie, Finansies, Reklame en Stertak. Wat ‘n groot jaar vir Vryburg.

Die voorblad in die Stellalander van die dames wat die Konferensie bygewoon het met die trofees wat deur die lede en die tak verower is.