Sirkel: KALAHARI
Tak: VRYBURG
Portefeulje: LANDBOU
Sameroeper: EURIKA BYLEVELD
Beriggewer: CARIEN VAN NIEKERK
Datum van vergadering: 10 APRIL 2026
Met die VLVK tema van Tuin tot Tafel gaan VLV Vryburg se dames na die plaaslike kleuterskole en vertel vir die kleintjies waar die bestanddele vandaan kom van die koekie waaraan hul so smul.
By Lion King is daar meer as 100 kleuters en hul geniet die liedjies oor die diere op die plaas en dan oor die produkte van die plaas wat gebruik word om die koekie te maak. Jul weet mos die koekie kom van die winkel af en die winkel kry dit by die fabriek wat groot oonde het en die fabriek kry die bestanddele van die plaas … Meel van koring, melk, eiers en suiker.

Die produkte.

Carien van Niekerk aan die vertel vir die kleuters by Lion King Kleuterskool in Vryburg.

Nellie Viljoen by die groepie kinders in Haasbekkie Vroeë Kinderleersentrum.