Sirkel: KALAHARI
Tak: VRYBURG
Beriggewer: CARIEN VAN NIEKERK
Datum: 05 JANUARIE 2026
SPANWERK MAAK DROME WAAR
Einde 2025 word Vryburg VLV se hartsnare geroer deur Jannie Roux Kinderhuis in Barkly-Wes. Spanwerk beteken dat party lede geld het en ander tyd. Ons span beide in en so kry ons wol, stukke leer, inkleurprente en materiaal. Die ander groep maak vriendinne bymekaar en ons begin brei en hekel aan mussies, bedsokkies, troospoppies en ons maak notaboekies met inkleurprente en pennesakkies. So droom ons van 80 pare tekkies en kouse asook ons Pantie-projek. Groot was VLV Vryburg se vreugde toe Carien (Voorsitter) begin Januarie kon gaan aflaai, 80 pare tekkies, 80 geskenksakkies vir kinders, geskenkpakkies vir personeel, onderklere en kouse. Droom groot VLV, ons krag lê in spanwerk!

Op die foto is Carien van Niekerk (Voorsitter VLV Vryburg) en Marelize Hunter van JR Kinderhuis.

