Sirkel Tygerberg
Tak Goodwood
Portefeulje Kultuur
Saamroeper Ronelle Olivier
Beriggewer Shirley Brand
Datum 21 Oktober 2025
Reg geraai! Ons spreker(s) is van die Islam geloof. Alhoewel daar so baie Moslems in Suid-Afrika en veral Kaapstad is, dra ons nie in diepte kennis van hulle geloof nie.
Islam staan bekend as “The way of life” Sy het genoem dat daar mense is wat ekstremiste is teenoor diè wat normaal lewe binne die wette van Islam. Hulle beskou mans en vrouens as gelyke en vroue mag besluit of hulle wil werk of nie. Baie van hulle waardes stem ooreen met ons Christen-beginsels (waarvan mense oor die jare ongelukkig afstand gedoen het) bv geen seks of saambly voor die huwelik nie.
Hulle beoefen die 5 pilare van Islam, naamlik :
- Glo in die eenheid van Allah
- Dat Mohammed ‘n boodskapper van Allah was
- Hulle moet skenk aan liefdadigheid
- Hulle moet 5 keer per dag bid
- Hulle moet vas in die maand van Rammadan om hongerte en armoede te kan ervaar
Die dag na die einde van die vas vier hulle Eid met families rondom kos en deel ook uit aan hulle bure. (amper soos ons Kersfees)
Indien vrouens gedurende die vas vir enige rede nie kan vas nie, moet hulle voor die volgende jaar se vas die dae inhaal. Selfs kinders vas van die ouderdom van 7.
Ten minste een keer in jou lewe (wanneer jy ‘n roeping van Allah ontvang) moet jy Mecca besoek – daar vind spesifieke gebede en rituele plaas voor die tyd.
Voor daar gebid word of aan die Koran (hulle Bybel) geraak word, moet jy jou hand, mond, neus, gesig, arms en voete 3 maal was op ‘n spesifieke manier. Nadat jy gebid het, moet jy weer jou gesig was.
Sy het ook verduidelik oor egskeiding en begrafnisse.
In opsomming, dit is ‘n lewe toegewyd aan al die reëls en wette van Islam soos saamgevat in die Koran.

Wenda Preuss (Voorsitter)/Roshan Heuvel (spreker)/Mogammat Salie (broer)/Ronelle Olivier (sameroeper)/Aeesha Dollie (skoonsuster)