Drakenstein raak ontslae van afval
Tak: Paarl Aand
Sirkel: Paarl
Datum: 30 April
Beriggewer: Una Engelbrecht
- Koos Fourie, konsultant vir Afvalbestuur: herwinning by Drakenstein-munisipaliteit, was die spreker vir die Landbou-vergadering.
- Die spasie vir afval raak vol, dus moet herwin word, alhoewel dit ‘n duur proses is.
- Slegs ‘n derde van wat in ons herwinningsakke geplaas word, word herwin.
- Papier en karton maak 70% van herwinbare items uit; plastiek 46%. Lg. kan tot 100 j. neem om af te breek.
- Dit kos die munisipaliteit miljoene rand aan herwinning per jaar.
- Sowat 100 ton vullis word ‘n maand deur die publiek gestort.
- Drakenstein-munisipaliteit het tans sowat 18 vullislorries.
- Die natuur moet beskerm word. Kry jou gesin en familie betrokke – maak ‘n verskil.

Lennie Henderson, Koos Fourie, Hetta v.d. Merwe (saamroeper), Danele Ferreira, Karen Barnard (sirkelpresident)