Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Opvoeding as ‘n spanpoging: Huis, Skool & Gemeenskap

Sirkel                         Tygerberg

Tak                             Goodwood

Portefeulje                Opvoeding

Saamroeper             Anita Vermeulen

Beriggewer              Shirley Brand

Datum                        19 Mei 2026

Dr Marietha Terblanche (PhD Skoolbestuur) het ons kom toespreek oor haar rol in die Onderwys sowel as die rol van ouers, grootouers en die gemeenskap in die opvoeding van kinders.

Dr Terblanche se opleiding strek van klaskamer (Onderwyseres) tot Vakadviseur van 132 skole en self dit was vir haar nie genoeg nie! Sy het haar Doktorsgraad in Skoolbestuur verwerf.

Deur die gehoor te betrek met verskillende vrae oor bv hoe vervoer skool toe verander het oor die jare, wat kan elke week by die huis gedoen word om leer te ondersteun, bydraes wat ons gemaak het in ‘n kind se lewe – het dit ons bewus gemaak van ons rol as ouer, ouma, tannie.

Die veranderings oor die jare van die grootte van klasse (tot 66 kinders in een klas), die onderskeid tussen kinders wat goed ondersteun word teenoor die kinders wie se ouers nie betrokke is nie, vervoerprobleme, is enorm.

Dr Terblanche het afgesluit deur ons bewus te maak van ons verantwoordelikheid om belang te stel en te ondersteun soveel en wanneer ons kan om ‘n groot verskil te maak aan ‘n kind se selfvertroue, dissipline en uiteindelike sukses. Kinders wat weet daar is volwassenes wat omgee, presteer dikwels beter en hanteer uitdagings makliker.

NS: Haar voorlegging aan ons het baie inligting wat ons kan gebruik – dit is tans beskikbaar by Marianne Oosthuizen en daarna Annalise Seas – laat weet indien jy belangstel om weer deur haar notas te gaan.

Dr M Terblance

Wenda Preuss (Voorsitter), Dr Terblanche (Spreker), Anita Vermeulen (Sameroeper), Bes van Zyl (Tesourier)