Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel:             Paarl

Portefuelje:    Konferensie 2026

Beriggewer:   Karen Barnard

Datum:           12 Maart 2026

Malmesbury tak bied ‘n fantastiese konferensie in die hartjie van die Swartland aan. Die dames het die hitte getrotseer en op Meerhof Wynplaas kom kuier.

Kompetisies, heerlike eetgoed, gasvryheid en ‘n ongelooflike uitsig oor die Swartland en Wynlande het ons kom verras.

Daar was sterk kompetisie tussen al die takke. Goeie inskrywings van Druiwe en Olyfkoek, Vyekonfyt, Heuningkoek en Hoenderlewerpatee inskrywings is ontvang. Die Kuns en Handvlyt kompetisies was weereens baie gewild en uitstekend uitgevoer. Die Leefstyl is ook goed ondersteun.

Ons hoofspreker was Nelita Knoetzen van Growing Paper wat die belangrikhied van ‘n span vir sukses kom beklemtoon het. Haar besigheid het van twee dames gegroei tot ‘n besigheid wat reg deur Suid-Afrika en na dele van Europa uitvoer. Mans en dames is deel van die span. Ons het verder vir Irma Joubert, skrywer gehad wat oor boeke kom gesels het. Kasshifa Aziz van Cape Town Bulk Water het ons kom inlig oor die belangrikhied van water en wat Stad Kaapstad doen om te verseker dat ons skoon drinkwater het. Sy het ook die belangrikhied van ons aandeel en samewerking kom bevestig. Stefan Sonnekus het ons kom help om beter foto’s te neem. Groeteboodskappe van Swartland Munisipaliteit en Malmesbury Boerevereniging is ook oorgedra.

Eregaste

Goeie geselskap, heerlike kos en fantasiese uitstallers, tesame met Meerhof se gasvryheid het dit ‘n onvergeetlike ervaring gemaak.

Bekers en trofeë is aan al die pryswenners uitgedeel. Nuwe Vise-President, Marietjie Lombard is aangewys. Baie geluk! Suider-Paarl is as die beste tak aangewys.

Me Gonny du Plessis, Suider-Paarltak

Baie geluk Malmesbury vir ‘n heerlike en fantastiese konferensie aangebied.