Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Weskus

Datum: 28 Maart 2026

Beriggewer: Elsabe Carstens

‘n Geliefde landbouprodusent is Donderdag 5 Maart wreedaardig aangeval deur skaapdiewe toe hy hulle op sy grond betrap het.

Dr. Ivan Meyer, Minister van Landbou het spesiaal na Lambertsbaai gekom om toe te sien dat die aangeklagtes nie borgtog kry nie.

Hy sê ‘n aanval op ‘n boer of landbouwerker is ‘n aanval op die ekonomie. Ons soek geregtigheid vir ons boere. Die boeregemeenskap staan vas en saam.

Mev. Elsabe Carstens, Sirkel President van Sirkel Weskus was daar as verteenwoordiger vir ons boere saam met die res van die boere en gemeenskap.

Sy het beskryf dat die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland saamstaan wanneer ‘n boer seerkry.

Links staan Hugo (Jnr), Dr. Ivan Meyer en Elsabe Carstens.

Gideon de Beer, Voorsitter van die Boerevereniging, Dr. Iv

Elsabe Carstens ondersteun Hugo (Jnr), boer se seun.