Sirkel: Noordwes-Kaap
Tak: Prieska
Portefeulje: Gesondheid, Opvoeding en Kultuur, Openbare Sake
Sameroeper: Liz-Mari Lubbe, Louresa Erasmus, Theresa Swart
Beriggewer: J van Zyl
Datum: 23 Julie 2025
Woensdag 23 Julie het ons by Huis Frank du Toit Ouetehuis gaan kuier. Inwoners van Chrisami is ook genooi om te deel in die pret en plesier.
Eerste aan die beurt was Liz-Mari Lubbe. Sy het gepraat oor wat nodig is om hardlywigheid te voorkom en afgesluit met ‘n paar oefeninge wat sit-sit gedoen kan word. Almal het saam geoefen en dit geniet.
Olga Crous het gesorg vir Pitkos. Sy vertel van Kobus Neetling se wenke om met grasie oud te word.
Louresa Erasmus vat ons terug in die tyd oor bygelowe waarmee ons almal groot geword het, kan jy onthou?
As jy lê en eet… kry jy horings.
As jy kougom insluk… knoop jou derms.
As jy ‘n kledingstuk onderstebo aan het… gaan jy ‘n geskenk kry.
Erika Lubbe het ‘n prettige voorlesing gedoen – ‘n emmer tanne vir ‘n hospitaal holbekke. Erika het ons omtrent aangesteek met haar heerlike lagbuie.
Hierna is ons deur Theresa Swart op ‘n visuele toer deur Namakwaland geneem.
Wat ‘n heerlike ontspanne en kuiermiddag!


Hier oefen ons almal

Erika Lubbe

Ons kuier saam
