Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Weskus

Tak: Graafwater

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Saamroeper: Judith Janse van Vuuren

Beriggewer: Marina Visser

Datum van vergadering: 3 Februarie 2026

GRAAFWATER VLV VIND UIT DAT NATUURLIKE PRODUKTE VEILIGER IS OM OP ONS VEL TE GEBRUIK.

Tydens hulle Landbou en Tuinbou vergadering op 3 Februarie 2026 het Kim Struben vir die vroue van Graafwater VLV vertel hoe nadelig meeste produkte is wat ons op ons vel (ons grootste orgaan) gebruik. Sy het ‘n resep gegee vir ‘n meer natuurlike deodorant.

In produkte soos seep, rome, grimering en deodorant is daar giftige bestandele. Hierdie bestandele sluit in: Aluminium (meng in met estrogeen vlakke), Parabens (veroorsaak hormoon wanbalans), Triclosan (iriteer vel, longe en oë), TEA en DEA (beskadig lewer en niere.) TEA en DEA is in sommige lande verban.

Voordat mens meer natuurlike alternatiewe op jou vel kan gebruik, moet jy eers jou liggaam detoks. Die beste manier om dit te doen is ‘n onderarm detoks. Deodorant keer dat mens sweet, maar dit keer dan dat gifstowwe uit ons liggaam uitskei. ‘n Onderarm detoks sal die gifstowwe uitskei. Jou vel se kondisie sal verbeter. Tydens die oorgang na natuurlike deodorant sweet mens baie, maar dit is net tydelik.

Om ‘n natuurlike deodorant te maak benodig mens Bentonite klei, geaktiveerde steenkool en appelasyn. Die steenkool trek onsuiwerhede uit die vel uit, die klei maak bakterië dood en die appelasyn maak die sweet reuk minder.

Die sukses van die detoks wissel. Dit word aanbeveel dat dit slegs twee keer ‘n week gedoen word.

Kim en Judith Janse van Vuuren het gedemonstreer hoe die deodorant gemaak word. Dit was ‘n vinnige en maklike proses.

Tydens die vergadering het Carol Loubser haar 40 jaar VLV-kenteken ontvang. Dit is vir die Graafwater tak ‘n voorreg om haar as ‘n lid te hê.

Carol Loubser (Saamroeper Kunste en Handvlyt) ontvang haar 40 jaar jaar-kenteken by Benita Gerber (Ondervoorsitter)

Kim Struben en Judith Janse van Vuuren (Saamroeper Landbou en Tuinbou) maak natuurlike deodorant.

Lede in rooi en pienk vir Valentynsmaand.

Van tuin tot tafel.

Eetgoed en dekor in hartjievorms en rooi & pienk om Valentynsdag voor te stel.