Sirkel: Sirkel Overberg
Tak: Gansbaai
Portefeulje: Leefstyl
Saamroeper: Anna-Marie de Wet
Beriggewer: Marianna Mostert
Datum: 3 Maart 2026
DIE STORIE VAN DIE BLOU WILGER-PATROON ( BLUE WILLOW PATTERN)
In die gees van hierdie legendariese storie kry ons ook ‘n kykie deur ‘n Venster na die groter-Gansbaai.
Lees gerus verder om te sien hoe hierdie middag ontvou.
Anna-Marie de Wet en die Leefstyl vriendinne besluit om die middag ‘n Blou Wilger-patroon Tema-partytjie op die planke te bring, maar ons ook weg te voer na ‘n wêreld van statitsieke oor eiendomme, markte en nog vele meer. Kom ons begin by die begin.
Die storie van die Blou Wilger-patroon (Blue Willow Pattern)
Die Blou Wilger-patroon is ’n bekende blou-en-wit versiering wat dikwels op porselein borde en teestelle voorkom. Hoewel dit Chinees lyk, is die patroon eintlik in die 18de eeu in Engeland ontwerp deur pottebakkers wat deur Chinese porselein geïnspireer is. Om dit meer romanties te maak, het hulle ’n liefdesverhaal by die prentjie uitgedink.
Die legende
Volgens die verhaal het ’n ryk Mandarin ’n pragtige dogter gehad met die naam Koong-se. Haar pa het besluit sy moet met ’n ryk, maar onaangename man trou. Maar Koong-se het reeds verlief geraak op haar pa se arm sekretaris, Chang. Toe die pa hiervan hoor, het hy sy dogter in ’n tuin met ’n hoë muur laat toesluit om haar van Chang weg te hou.
Die ontsnapping
Een nag het Chang haar gehelp om te ontsnap. Hulle het oor ’n brug gevlug en probeer wegkom oor die see.
Op die bekende Blou Wilger-patroon kan mens hierdie toneel sien: die pagode (die pa se huis), die wilgerboom. die brug met drie figure en die boot
Die tragiese einde
Volgens die legende het die pa hulle ingehaal en Chang laat doodmaak. Koong-se is van hartseer oorlede. Maar die gode het hulle jammer gekry en die twee geliefdes in duiwe verander, sodat hulle vir altyd saam kan wees.
Op die patroon sien mens dikwels twee voëltjies wat saam vlieg – dit stel die geliefdes voor.die heining en tuin.
Nou ken jy dié storie, maar toe ontvou ‘n totale ander storie, toe die Spreker van die middag, Ryno Cilliers. Prinsipaal van Rawson ons vertel van die Eiendommarkte in die groter-Gansbaai.
Hierdie statistieke is natuurlik korrek soos per dag en datum van sy praatjie, maar regtig baie interresant. Vele meer statitiek was met ons gedeel. Kyk gerus na die tabel hieronder vir slegs ‘n paar van die statistieke.
| AREA | AANTAL HUISE | AANTAL OORDRAGTE 2025 |
| De Klerders | 1308 | 84 |
| Perlemoenbaai | 466 | 26 |
| Gansbaai Sentraal | 1400 | 220 |
| Kleinbaai | 940 | 85 |
| Franskraal | 1517 | 205 |
| Pearly Beach | 1659 | 45 |
Wat ‘n aangename, gesellige en leersame middag.
Met groot dank aan almal wat betrokke was by die reëlings.en die neem van foto’s.

Blue willow pattern bord wat legende vertel.

Leefstyl vriendinne hard aan die werk

Anna-Marie de Wet, Leefstyl Saamroeper stel die Gasvroue vir die middag aan almal bekend

Hoof- Spreker vir die middag. Ryno Cilliers van Rawson. Almarie Janse van Vuuren sê dankie

Pragtige tafels wat Blou tema uitbeeld en aan een en elk wys hoe beplan en voer ‘n mens ‘n tema-partytjie uit.

Lekkers saam kuier