Sirkel: Weskus
Tak: Moorreesburg
Portefeulje: Potpourri
Saamroeper: Marietjie Viljoen
Beriggewer: Heidi Traut namens al die studiegroepe
Datum van vergadering: 4 Februarie 2026
Moorreesburg tak verjaar met ‘n potpourri van idees
Die VLV-tak van Moorreesburg is op 25 Februarie 1931 gestig. Die President was me I Wahl en die sekretaresse, me P. Conradie. Die tak is met slegs ‘n handjievol lede gestig. Tans staan ons ledetal op 67. Op Woensdag, 4 Februarie 2026, het Moorreesburg VLV hul 95ste verjaarsdag asook die tak se oudste lid, Tannie Ina van Dyk, se 90ste verjaarsdag gevier. Oud-VLVK President, me Estelle du Plessis en haar man Christo asook die Sirkel Weskus President, me Elsabé Carstens, het die dag saam met ons lede geniet.
Die bestuuur was verantwoordelik vir die vergadering in ons ‘nuwe’ huis, Moorreesburg Rolbalklub se saal. Dit was ‘n Potpourri-vergadering en elke studierigting het ‘n kort insetsel gehad. Ons het geluister na: “Die Terapeutiese Waarde van Kuns”, “Stoepstories”, Inligting rakende die plaaslike “Parkrun”, Leeskring, die Boom en Voël van die Jaar asook ’n demonstrasie hoe om maaskaas te maak.
Die verrigtinge is afgesluit met ’n heerlike kuier en ‘n smullekker verjaarsdagkoek.

Die notule van Moorreesburgtak se eerste vergadering.

Martie du Plooy (Visie-Voorsitter van Moorreesburgtak), Marietjie Viljoen (Voorsitter van Moorreesburgtak), Estelle du Plessis (Oud VLVK President) en Elsabé Carstens ( Sirkel Weskus President)

Moorreesburg se verjaarsdagkoek

Tannie Ina van Dyk het die kers van ons koek asook haar 90ste verjaarsdag koek se kers aangesteek