BESOEK VAN MINISTER IVAN MEYER AAN SIRKEL MIDDELLAND
Sirkel: Middelland
Portefeulje: Landbou &Tuinbou
Beriggewer: Joey Fourie
Datum: 27 Februarie 2026
Op Vrydag 27 Februarie het van die lede van Sirkel Middelland die voorreg gehad om saam met Dr. Ivan Meyer, Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme in die Wes-Kaap, te kuier.
Mev. Hannelie Low, President van VLVK, het Minister Meyer uitgenooi om ons Sirkel toe te spreek oor die huidige Bek-en-Klouseer krisis in Suid-Afrika. Ons is breedvoerig ingelig oor die maatreëls wat in die Wes-Kaap gevolg word om die verwoestende siekte te bekamp, toetse spoedig af te handel en diere onder kwarantyn te plaas.
Minister Meyer se passie vir Landbou en dienslewering is verfrissend en baie aansteeklik. Dit is ook vir hom baie belangrik om hande te vat en saam te werk met VLVK omdat hy weet dat VLV-vroue doelgerig is, suksesvolle projekte loods en nie bang is om hard te werk nie.
Die saamkuier by die Beach Hotel in Port Elizabeth was ‘n fees, maar lank na die kuier sal ons nog terugdink aan die man met ‘n plan! Nie net ‘n plan vir die oomblik nie, maar ‘n visie vir die toekoms van ‘n beter Suid-Afrika vir almal.

Minister Ivan Meyer saam met lede van Sirkel Middelland
Voor: Jenny Watkins (Carpe Diem); Mev. Hannelie Low (VLVK President); Minister Ivan Meyer; Lynette Martin (Acqua)
Middel: Sue Henning (Rocklands); Retha Lane (Hercula); Gerda Louw (Acqua); Ilke Erasmus (Acqua); Marlene Erasmus (Hercula)
Agter: Linda Juta (Acqua); Joey Fourie (Carpe Diem); Ina Rossouw (Hercula); Mariët Van Niekerk (Acqua)

Lede kuier saam met Minister Ivan Meyer by die Beach Hotel in Port Elizabeth