Sirkel: SOK
Tak: Hankey
Portefeulje: Mandeladag en Bejaardes maak saak
Beriggewer: Catherina Wait
Datum van byeenkoms: 18 Julie 2025
Hoekom dan nou nie? ‘n Kombinasie van Mandeladag en ons bejaardeprojek het ontaard in ‘n vrolike kuier om die deeg en panne en oumense in Hankey wat baie verbaas en opgewonde was oor die meevallertjie vir nagereg. Dit is seker toevallig dat dit saamgeval het met die koudste wintersdag van 2025, maar dit was heel gepas! Ons het so 150 pannekoeke gebak en daar was net een panvol ‘floppies’ vir Amanda se honde.

Ilze en Estelle agter die panne.

Die ouer garde, Catherina en Amanda.

Julita konsentreer om die suiker te strooi.

Nie al die pannekoeke was ewe suksesvol nie.

