Tak: Klein-Brakrivier
Sirkel: SWD
Berigskrywer: Retha Nagel
Beriggewer: Lydie Terblanche
29 Julie 2025

Jurina Aucamp ‘n oud-onderwyseres het haar eerste kinderstorie, ‘Ronnie, die Renoster’ geskryf en uitgebring in 2020 na COVID. Daarna het nog nege ‘Diere Maats’ se stories die lig gesien. Elke boekie/storie het ‘n lewensles vir help kinders 3-10 jaar. Retha Nagel en haar span van die Kuns en Handvlyt-portefeulje (in blou), het die heerlike oggend vir Klein-Brakrivier gereël, met Jurina as die gasspreker (daar was ook ‘n uitstalling met voorbeelde van mix media-kuns).





