Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

SIRKEL: KALAHARI

TAK: VRYBURG

TEMA: LEEFSTYL

SAAMROEPER: ERIKA LINDE

BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN

DATUM: 19 FEBRUARIE 2025

 

KLEUR JOU VOORKOMS

 

Jacoline Fouché beklemtoon die belangrikheid van ‘n gesonde vel. Indien die buitenste vellaag beskadig is, kan skadelike bakterieë die vel binnedring. Hulle gebruik mikro-naaldbehandeling of chemiese afskilfering om die vel te vernuwe.

Hannemie Stols beveel onderlaag met ‘n sonfaktor aan om die vel te beskerm. Sy doen ook grimering vir spesiale geleenthede. Begin deur wenkbroue liggies donkerder te maak. Oogskadu word in verskillende skakerings in die buitenste hoek van die oog aangewend. Wangbene word beklemtoon. Maskara is ‘n moet vir elke dag. Indien ‘n vrou mooi lyk, voel sy ook goed!

 

Griselda Pretorius ontvang haar 10 jaar lidmaatskaptoekenning van Carien van Niekerk.

 

Leef kleurvol: Lede brei kleurvolle musse vir kleuters by ‘n plaaslike sopkombuis.

 

Een lid deel haar versameling posseëls uit 145 state wat deur die jare hul eie seëls uitgegee het. Ons eie erfenis behels seëls van die Kaapkolonie voor Uniewording, Unie van Suid-Afrika in 1910, herdenking van die Groot Trek in 1938 en piepklein seëls wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog uitgegee is. Na Republiekwording het seëls meer kleurvol geword en was wêreldwyd gesog onder versamelaars. Lede het ook deelgeneem aan ‘n takkompetisie om artikels te versier met posseëls.

 

Hannemie en Herculene Stols (model) en Jacoline Fouché

 

Griselda Pretorius en Carien van Niekerk 

 

Ronell Kemp en Driekie Schickerling by kleuervolle musse vir kleuters

 

Posseëls van Unie van Suid-Afika

 

Posseeëls van Republiek van Suid-Afrika

 

Gedenkkoevert van Voortrekker Eeufees in 1938