Sirkel: Paarl
Tak: Strand
Portefeulje: Openbare Sake –
Beriggewer: Erna de Waal
Datum: 24 Oktober 2023
Kaleidoskoop Verrassing

‘n Fees vir die oog! Die tafels is getooi en gedek in ‘n kaleidoskoop van kleure.

V.l.n.r. Jossie van Schoor wat kan toor met blomme, Erna Krüger wat ‘n tafel van Aspoestertjie na Prinses kan omskep met slim en kreatiewe idees en Erna de Waal wat orals handjie bysit.

Die verrigtinge is geopen deur Erna Krüger wat 1 Korinthiërs 13 voorgedra het soos net sy dit kan doen, met agtergrond klavierbegeleiding deur Erna de Waal.

Alida Kruger besig om die gehoor vasgenael te hou met haar voortreflike voordrag wat gewissel het tussen die ernstige sy van die lewe tot skaterlag vertellings.

Johan Laten, wat ook al op Televisie en Radio te hoor en te sien was, het die toehoorders bekoor met sy professionele en indrukwekkende voordrag met ‘n stem wat seker mooi kan sing ook!
V.l.n.r. Freda le Roux (Pianis), Alida Kruger (Voordrag kunstenaar), Johan Laten (Voordrag kunstenaar), Leta du Preez (Voorsitter Strand Tak) en Marinda Rall (President Sirkel Paarl).

Leta du Preez, Voorsitter van Strand Tak en Maretha Badenhorst, Ere-lid en vorige Voorsitter van Strand Tak in ligte luim.

V.l.n.r. Alida Kruger, Freda le Roux, Mariaan Herbert (Saamroeper van die Kaleidoskoop Verrassing) en Johan Laten ontvang staande applous vir ‘n baie genotvolle en suksesvolle oggend.

V.l.n.r. Marinda Rall (President Sirkel Paarl), Sonja van Zyl en Bertha Lane, beide van Stellenbosch, geniet die gesellige verkeer tydens teetyd.

Vrolike gaste geniet die gesellige kuier terwyl hulle die fees van ete en drinke geniet. V.l.n.r. Hannetjie du Plessis, Denise Truter en Bets Basson – aldrie lede van Strand Tak.