Sirkel: SWD
Tak: Hartenbos
Studierigting: Potpouri, Leefstyl en Gesondheid
Saamroeper: Ida van Tonder en Emsie Viljoen
Beriggewer: Wilma van Staden
Datum: 24 Februarie 2026
JOLIGE BEWEGINGS MET TEKKIES
Sekerlik is daar min takke wie se lede nie hoofsaaklik uit senior burgers bestaan nie. Saam met die senior burgerskap kom allerhande uitdagings na vore wat die kwaliteit van lewe kan belemmer. As gevolg daarvan lei baie senior burgers ‘n sedentêre leefstyl wat juis die lewenskwaliteit verder versleg. Om te help met die leefstyl aanpassings in hierdie fase van ‘n mense se lewe, het ‘n jong man, Ruhan Meiring van Alwyn Mulder Biokinetics & Associates in Hartenbos, lede en besoekers kom toespreek oor hoekom en hoe die “oefening gedeelte” van ‘n gesonde lewenstyl moet plaasvind. Dit het op 24 Februarie 2026 plaasgevind. Die resultate van die biokinetise ingryping is ook uitgewys.

Mnr Ruhan Meiring van Alwyn Mulder Biokinetics & Associates in Hartenbos
As jy die woord biokinetika, in twee verdeel, BIO + KINETIKA, beteken dit lewe + beweging wat dui op lewe deur beweging. Biokinetika se primêre rol is om wetenskaplik gefundeerde oefenmetodes te gebruik om ‘n persoon se lewenskwaliteit te verbeter. Hieruit kan ‘n wye spektrum oefening en bewegings ontwikkel word.
Mnr Meiring het voorts die verskillende komponente van ‘n gesonde leefstyl wat tot fisieke welstand kan lei, uitgewys.
Fisiek – bv fiks wees. Dis hier waar die Biokinetikus se rol belangrik is. Eetgewoontes is ook hierby ingesluit en word deur Dieëtkundiges behartig.
Emosioneel – bv gebalanseerde gemoed. Met ‘n swaar, neerslagtgige gemoed word lewenskwaliteit ingeperk.
Intellektueel – hou brein aktief. Dit behels aspekte soos blokraaisels, Soduko en woordbou of soek speletjies.
Geesteslik – geloof, liefde, rou, pyn. Christene kan getuig dat die alomteenwoordigheid van ons Vader en die verlossing deur Christus, ‘n baie groot bydra het tot ons kwaliteit van lewe.
Sosiale lewe– vriende , familie. Mens se lewe word sommer opgekkiker deur die samesyn met vriende en familie. Net so het die VLV en al sy aktiwiteite ook ‘n definitiewe positiewe bydra tot seniors se lewenskwaliteit.
Aktiewe veroudering.
‘n Gesonde balans tussen elk van hierdie komponente is baie belanrik en is benadruk. In isolasie verloor dit sy impak. “Ons Krag lê in spanwerk”.
Die volgende komponente van fisieke fiksheid is uitgewys. Kardiorespiratoriese oefeninge, is oefening wat die hart en longe se funksie versterk. Om net te stap is nie genoeg nie. Om suksesvol te wees is 150min/week se stap nodig. Gemiddeld beteken dit 50 min op 3 dae van die week, of 30 min op 5 dae van die week. Werk ‘n weeklikse roetine uit wat kan help om hierdie doelwit te bereik.

Kardiorespiratoriese oefeninge. Foto vanaf die internet verkry.
Tot 30% van spierkrag raak verlore as persone na 70 nie oefen nie. Dit beteken ‘n mens raak swak en kan nie meer doen wat jy altyd gedoen het nie. Om dit te voorkom, moet weerstandsoefeninge gedoen word. Die funksie van ‘n spier moet uitgevoer word om dit te versterk. “If you do’nt use it, you loose it”. Deur net op te staan uit ‘n stoel en weer te sit, kan al ‘n verskil maak. Foto hieronder wys ‘n aantal nuttige oefening. Om suksesvol te wees, moet oefeninge ten minste 3 keer per week gedoen word. Doen 10-15 repetisies, 3 stelle per oefening sessie om suksesvol te wees.

Weerstandsoefeninge. Foto van die internet verkry.
Soepelheidsoefeninge is nodig om die gewrigte soepel te behou sodat hulle hul normale bewegings steeds pynloos en in die regte rigtings (belyning) kan doen. Dit behoort daagliks gedoen te word. Mnr Meiring maak die voorstel dat jy dit sommer vroegmôre doen en afhandel.

Soepelheidsoefeninge. Foto vanaf die internet.
Die laaste tipe oefening is vir die bevordering van balans en stabiliteit. Dit behoort 3 keer per week gedoen te word. Voorbeelde van balans en stabiiteit oefening is om op een ben te staan so lank as moontlik en ook voetjie teen voetjie op ‘n reguit lyn te loop.

Balans en stabiliteits oefeninge. Foto vanaf die internet.
Oefening het omvangryke voordele vir jou gesondheid. Verskillende tipes oefeninge het verskillende resultate en voordele.
Kardiorespiratoriese oefening het die volgende voordele: Verbranding van kalorieë, gewigsbeheer, verlaagde risiko van Hipertensie, Tipe II diabetes, Koronêre Arterie Siekte, Beroete, Osteoporose, sekere Kankers en Geestesversteurings. Verder verbeter kardioresipratoriese oefening die slaappatroon, spysvertering, en die verwydering van gifstowwe.
Weerstandsoefening het oorstemmende voordele maar ook ander unieke voordele. Vir Kardiovaskulêre siektes word ‘n verlaagde rustende Bloeddruk ervaar asook verlaagde LDL lesings. Versnelde peristalse het ‘n positiewe invloed op Kolonkanker. In Tipe II diabtes is daar ‘n verhoogde insulien sensitiwiteit. Persone met Osteoporose ervaar ‘n verhoging in die beendigtheid. Vir persone met lae rugpyn dra weerstandoefeninge by tot versterking van die kerngroepspiere( Core Muscles).
Weerstanoefeninge versterk spiere wat lei tot verlaagde stres op gewrigte by persone met Artiritis, tot so mate dat gewrigspyn afneem of verdwyn. By persone met Depressie help weerstandsoefeninge bydra tot ‘n verbeterde selfbeeld.
Soepelheidsoefeninge is nog ‘n tipe oefening met lewensveranderende voordele. Dit word benodig vir funksionaliteit om daaglikse take en aktiwiteite uit te voer en die balans te handhaaf. Daardeur word ook ‘n verlaging van die beseringsrisiko ervaar. Die groot gewrigte (heupe, kniëe, rug , skouers) word spesifiek gemeld EN is ‘n moet vir enige verouderende persoon.
Balans en Stabiliteit is die laaste, ewe belangrike groep oefening. Die grootste voordeel is verlaging in die risiko om te val en beter beheer oor bewegings te ervaar.
Lede en besoekers het deelgeneem aan die oefendemonstrasies van meeste van die oefeningtipes. Lede is gewys hoe om hulle voete te posisioneer om veilig en maklik op te staan. Hulle moes (probeer) om hulle tone te raak en op een been staan. Taklede was vooraf ingelig oor die “oefeninge” wat voorlê en daarom is lede vooraf versoek om almal tekkies aan te trek. Dit het ‘n spontaniteit en joligheid te weeg gebring. Dit het weer bygedra tot die baie positiewe ervaring wat beleef is.

Lede met hulle tekkies.

Ida van Tonder, saamroeper vir Leefstyl en Ruhan Meiring, die Biokinitikus spreker.

Die span verantwoordelik vir die aktiwiteite van die dag. Voor vlnr: Ida van Tonder, Saamroeper vir Leefstyl, Rolien Smit, Voorsitter VLV Hartenbos, Trudie Kasselman, Gezina Barnard. Agter vlnr Ruhan Meiring, Biokinetikus en spreker, Rita Botes. Tertia de Bruyn Smith, Jacolize Engelbrecht.