Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

VLVK President

Studierigtings: Landbou & Tuinbou, Openbare Sake en Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 23 Maart 2026

Dit is ‘n groot voorreg dat die Vroue Landbouvereniging van Kaapland (VLVK) deur Dr Ivan Meyer, Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme van die Wes-Kaap, genooi is om sy begrotingsrede op 23 Maart 2026 in die Parlement by te woon.

Hy verwelkom President Hannelie Low en Visepresident René Nel en bedank VLVK vir die werk wat gedoen word om vroue in die landelike omgewing te ontwikkel en te bemagtig. Die Verenigde Nasies het 2026 aangekondig as die Internasionale Jaar van Vroue in Landbou en VLV ondersteun hierdie inisiatief.

VLVK is trots op die uitstekende werk wat deur Minister Meyer en sy Departement in die Wes-Kaap gedoen word en waardeer die ondersteuning van VLV se werksaamhede. Deur samewerking bou ons ‘n beter Suid-Afrika.

vlnr Mev René Nel, Dr Ivan Meyer en sy vrou, Mev Hannelie Low

Wes-Kaap Parlement