Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

(13/12/1936 – 16/05/2025)

Mariëtte kom van De Doorns en doen haar LO opleiding by die Onderwys Kollege in Graaff-Reinet.

Hier is sy met Johannes Slabbert getroud en hulle het 4 seuns gehad. Sy word ‘n knap boervrou en haar hande het vir letterlik niks verkeerd gestaan nie. Sy bestuur tot trekker, plant aartappels en was baie lief vir groentetuin maak. En natuurlik: blomme was haar groot liefde. Daar was omtrent nie ‘n funksie op Graaff-Reinet, wat Mariëtte nie die blomme gedoen het nie – troues, verjaarsdae, en ook in Grootkerk.

Mariëtte het by Murraysburg se VLV-tak aangesluit, en later, toe sy in Graaff-Reinet kom woon het, by die Graaff-Reinet se tak aangeluit, (Sy het 35 jaar +3 maande aan VLV behoort) waar sy die blomme-afdeling beoordeel het.

Sy was ‘n stigterslid van die FarmFare tuisnywerheid en baie bekend vir haar melkterte (wat sy tot in haar 80’s selfs in die aftree-oord gemaak het) asook haar lekker eclairs.

Ons gaan hierdie pragtige, vriendelike altyd aan die gang vriendin, baie mis!

VLV Graaff-Reinet.